Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Abby Green
sorteer volgens
Die held se liefling
Datum vrygestel: 2017-03-29
Perfekte pasmaats? Militêre bevelvoerder Jack Sullenberger is gewoond daaraan om probleme op te los. Maar toe sy pa in sy geliefde diner ’n beroerte kry, is dit Olivia Abbott, ’n kelnerin en mediese noodhulpstudent, wat hom te hulp snel. Jack haas hom huis toe om na sy pa om te sien en die besigheid oor te neem, maar hy loop hom trompop in Olivia se sterk opinies vas. Die staalharde soldaat en die kelnerin kan nie saamstem oor wat die beste vir die restaurant is nie...
Ter wille van ’n erfgenaam
Datum vrygestel: 2017-09-11
Tot die uiterste gedryf om haar pa se lewe te red, laat Rose O’Malley, diensmeisie in die Lyndon-Holt-huishouding, haar oorreed om ’n man te verlei. Maar die oomblik toe sy van aangesig tot aangesig met Zac Valenti praat en die geweld van sy ooglopende sensualiteit haar tref, sien sy nie meer daarvoor kans nie. Voor sy egter haar bedrog kan staak, slaan Manhattan se mees gesogte vrygesel haar voete onder haar uit – en beland sy in sy bed...