Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Caitlin Crews
sorteer volgens
Geen soete oorgawe
Datum vrygestel: 2014-05-13
Vyande trek mekaar aan! Iwan Korowin, eens ’n brandarm kind sonder drome, is vasbeslote om sy opgang tot biljoenêrfilantroop finaal te vestig. Maar hy kom voor ’n ernstige reklameprobleem te staan: Die uitgesproke Miranda Sweet vernietig sy reputasie in haar topverkoperboek waarin sy hom as “Grotman # 1” bestempel. Die oplossing? Gee die gulsige publiek wat hulle wil hê – vyande wat minnaars word! Vanaf die rooi tapyt in Los Angeles tot swartdasgalas ten bate van liefdadigheid speel hulle voor die hele wêreld die rol van verliefdes...
Die Castelli-geheim onthul
Datum vrygestel: 2017-01-30
’n Erfgenaam vir Kersfees! Vyf jaar gelede het Lily Holloway weggeloop van ’n motorongeluk af, haar rug gekeer vir die verbode hartstog wat sy met haar stiefbroer, Rafael Castelli, gedeel het. Niks kon Lily laat terugkeer na die onweerstaanbare Italianer se veeleisende wêreld nie. Noudat hul paaie weer gekruis het, is sy desperaat om haar vryheid te behou en beweer geheueverlies sluit alle herinneringe aan hom uit...
Castelli se maagdelike weduwee
Datum vrygestel: 2017-03-01
“Sint Kate is ’n mite . . .” Roekelose magnaat Luca Castelli dink hy weet alles van sy oorlede pa se weduwee Kathryn. Hy laat hom nie flous deur die poniepers se bewondering nie – sover dit hom aangaan, is hierdie jong, pynlik mooie vrou geen heilige nie! Wanneer die voorwaardes in sy pa se testament Luca dus dwing om Kathryn se hoof te word, neem hy hom voor om haar werkslewe vir haar so moeilik moontlik te maak ...
Verwag 'n koninklike skandaal
Datum vrygestel: 2017-10-02
Koninklike skobbejak Cairo Santa Domini is die onwaarskynlikste koning in Europa en hy vermy sy troon met ’n passie. Om sy roekelose beeld gestand te doen en die boeie van plig te vermy, moet Cairo met die méés ontoepaslike vrou trou . . . Mediasensasie Brittany Hollis het ’n reputasie wat skandalig genoeg is om met Cairo s’n mee te ding. Maar met elke skroeiende soen ontbloot sy meer van haar geheime aan Cairo as wat sy nog ooit aan die res van die wêreld gewys het...
Verbode nag met die Griek
Susanna Carr
2017-01-30
Sien Meer
Bestel