Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Carol Marinelli
sorteer volgens
Sy Sisiliaanse aspoestertjie
Datum vrygestel: 2016-09-21
Syne tot middernag . . .? Skatryk Matteo Santini koop een nag saam met Bella Gatti om haar onskuld te beskerm teen die gevaarlike spel waarin sy teen haar sin beland het. Haar vurigheid en vreemde aantrekkingskrag betrap hom onverhoeds – so ook haar verdwyning die volgende dag. Hoewel Bella haar skandalige verlede agterlaat, is die herinneringe aan die nag saam met Matteo in haar geheue gegraveer...
Die onstuitbare biljoenêr se tuiskoms
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Plofbare weersiens! Elke aand wanneer prima ballerina, Anya Ilyushin, op die verhoog verskyn, dans sy net vir één mens – Roman Zverev – die man wat lank gelede haar hart verower en dit kort daarna gebreek het. Anya het die skerwe agter ’n ondeurdringbare muur versteek, maar toe Roman by haar kleedkamer instap, vlam die oorweldigende aantrekkingskrag tussen hulle weer op . . . Onder Roman se rykdom en wêreldwysheid sluimer ’n onverskrokke geaardheid – daar is trouens niks beskaafd aan sy gevoel vir Anya nie...