Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Jennifer Taylor
sorteer volgens
Om sy wonderwerkie te red
Datum vrygestel: 2015-03-10
Verenig deur hulle kind! Pediatriese neurochirurg Vincenzo Lombardi is verstom toe verpleegster Lowri Davies op dramatiese wyse weer in sy lewe opduik, want sedert die passievolle paar dae wat hulle vyf jaar gelede saam deurgebring het, het hy haar nog nie weer gesien nie. Die nuus dat hy die pa van haar oulike, maar ernstig siek dogtertjie is, is verbysterend – en breek sy hart. Vincenzo het nog altyd gedink hy wil nie ’n gesin hê nie, maar Lowri en Megan wek allerhande nuwe emosies in hom...
Die Griekse dokter se geheime seun
Datum vrygestel: 2017-05-02
Verpleegster Amy Prentice neem haar seun na die eiland Constantis om hom aan sy Griekse herkoms bekend te stel. Die allerlaaste mens wat sy verwag om raak te loop, is dokter Nico Leonides – die man wat nege jaar gelede haar hart gebreek het . . . en Jacob se pa is! Dit kan nie weggeredeneer word dat Nico, namate hy Jacob leer ken, ’n uitmuntende pa is nie. Met hulle gemeenskaplike belangstelling in hul seun, vlam hulle vroeëre liefde weer op...