Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Lynne Graham
sorteer volgens
Leonetti se huishoudster-bruid
Datum vrygestel: 2017-03-28
Sy onskuldige vrou . . . ’n Huwelik is die allerlaaste waarmee Gaetano Leonetti opgesaal wil wees. Maar nou het sy oupa bepaal as hy bestuurshoof van die familie se bank wil word, moet Gaetano ’n gawe, doodgewone meisie vind om mee te trou. Oortuig dat sy oupa nie al sy varkies het nie, besluit Gaetano om hom met die huishoudster Poppy Arnold te uitoorlê. Vanweë haar uitgesprokenheid en ongewone kleresmaak is sy beslis nie van die regte stoffasie vir ’n eggenote nie! Maar kort voor lank bekoor die hardwerkende, selfopofferende Poppy sy oupa so dat Gaetano opgeskeep sit met ’n huwelik wat hy nie wil hê nie, en ’n bruid wat hy onheilig begeer! Maar kan hy hom régtig die kosbare gawe van haar maagdelikheid toe-eien nadat hy vir haar ’n strik gestel het om te misluk?
Die Griek beheer sy minnares
Datum vrygestel: 2016-11-30
“Ek kry altyd wat ek wil hê . . . en ek wil jou hê.” Hy maak biljoene ponde en neem pragtige vroue bed toe, maar Bastien Zikos het steeds nie Delilah Moore se glansende donker hare, onvergeetlike oë en verregaande minagting vergeet nie. Bastien maak dus uitvoerige planne om te verseker dat die één – en enigste – vrou wat nog ooit sy toenadering van die hand gewys het, terugkom na hom toe...
Opgeëis vir die Leonelli-nalatenskap
Datum vrygestel: 2018-02-01
’n Nuwe toekoms wat wag . . . ’n Onskuldige Tia Grayson ken geen lewe buite die Brasiliaanse klooster wat haar tuiste is nie. Totdat Max Leonelli arriveer met die skokkende nuus dat sy die erfgenaam van ’n fortuin uit Engeland is en ’n brandende begeerte vir sy aanraking laat ontwaak . . . ’n Biljoenêr! Tia se oupa verwag ’n huwelik tussen sy protégé en sy erfgenaam – maar Max is nie troumateriaal nie...