Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Bestem vir die woestynkoning
Kate Walker
Datum vrygestel: 2017-05-02
’n Gerieflikheidskoningin? Daar is geen twyfel nie dat hulle huwelik een van gerief en politieke taktiek is. Maar die skaam skoonheid Aziza El Afarim hoop in die geheim dat haar man – die seun wat sy eenmaal bewonder het – iets sal onthou van die toegeneentheid wat hulle as kinders gedeel het. Behalwe dat sjeik Nabil bin Rashid Al Sharifa glad nie meer die seun is wat hy was nie. Die las van verlies en mag het hom onherkenbaar verander. Waar eenmaal warmte en vrygewigheid was, brand nou net ’n gewetenlose passie. Hy sal Aziza alles gee . . . behalwe sy liefde. Maar soos die druk om ’n erfgenaam voort te bring, toeneem – kan daar meer as net plig in die huweliksbed wees?