Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Carides se vergete eggenote
Maisey Yates
Datum vrygestel: 2017-10-02
Die Griekse biljoenêr Leon Carides het alles: rykdom, mag, berugtheid. Hy het selfs ’n vrou, hoewel hy nog nooit aan sy onskuldige bruid in hulle geriefshuwelik geraak het nie. En toe verloor dié verdorwe, losbandige pierewaaier sy geheue in ’n ongeluk . . . Leon kan niks onthou nie, net sy vrou se sprankelende blou oë. En nou kan hy sy begeerte na Rose vrye teuels gee, want die struikelblokke van vroeër is uit sy geheue gewis. Hy kan haar nou glad nie weerstaan nie! Maar die sondes uit sy verlede haal hom in en die groot vraag is of Rose die foute van die man wat hy eenmaal was, sal kan vergewe. Of gaan Leon meer as net sy geheue verloor?