Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Demetriou eis sy kind op
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2017-11-30
Tien jaar gelede het die onskuldige Iolanthe Petrakis haar deur die genadeloosste magnaat in Athene laat verlei. Alekos Demetriou het haar die enigste sondig verleidelike aand van haar lewe gegee. Maar toe hy ontdek sy is die dogter van sy vyand, het hy haar uitgesmyt . . . voordat Iolanthe hom kon sê sy verwag sy kind! Nou, met haar familie se maatskappy in die moeilikheid, word Iolanthe egter gedwing om haar kosbaarste geheim te deel met die man wat wraak teen haar pa gesweer het. Toe hy die waarheid hoor, verklaar Alekos dat hy sy seun sal erken en – tot Iolanthe se ontsteltenis – dat hulle gaan trou!