Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Hierdie item is nie in voorraad nie.
Die bruid is miljoene werd
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Miljoen redes om “ja” te sê! Athena Howard kan nie glo sy het dit gedoen nie. In ’n yslike groot trourok by die venster uitgeklim om van die Troue van die Jaar én die verloofde wat vir haar gejok het, te ontsnap. En toe val sy . . . . . . reguit in die arms van Luca de Rossi! Dit móét die noodlot wees. Luca het nét twee weke om ’n vrou te soek wat met hom sal trou sodat hy aan die voorwaardes van sy ouma se testament kan voldoen. Die genadelose sakeman bied Athena ’n miljoen pond aan om mevrou De Rossi te word, maar net in naam. Tensy die aantrekkingskrag van sy nuwe vrou se maagdelikheid vir hierdie siniese pierewaaier te veel word om te weerstaan en hy sy huweliksnag opeis . . .
’n Storm van passie
Lucy Ryder
2017-03-29
Sien Meer
Bestel