Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Die dokter se baba-geheim
Scarlet Wilson
Datum vrygestel: 2017-08-01
Dokter Corrine Carter se werk as mediese adviseur kry skielik lewe toe die waagduiwel Austin Mitchell by die ruimtevaartopleidingsprogram aansluit. Dit word gou duidelik dat die chemie tussen hulle warmer is as die somerson in Texas! Met sy uitdagende selfvertroue laat die asemrowende Austin die dokter fantasties voel – sy wat so skepties staan teenoor verhoudings. Toe hulle vuurwarm, maar kortstondige verhouding ’n onverwagte gevolg het, wonder Corrine of sy dit mag waag om te droom oor ’n huis en ’n toekoms saam met haar ruimtevaartvlieënier . . .