Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Die doring in sy vlees
Kim Lawrence
Datum vrygestel: 2013-04-04
Libby Marchant se eerste ontmoeting met haar baas is per ongeluk – ’n ongeluk met Rafael Alejandro se luukse sportmotor! Die onvoorspelbare en aanloklike Libby gooi Rafael heeltemal van balans af, maar aangesien sy ’n werknemer is, kan hy haar gelukkig op ’n afstand hou . . . Of ten minste, dis die plan – want in die perfek geoliede masjien van Rafael se lewe is daar geen ruimte vir dinge wat sy aandag aflei nie. Maar kort voor lank is daar die gevaar dat Rafael se reël wat kantoorromanses verbied, verbreek kan word – deur niemand anders as die baas self nie!