Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Die onstuitbare biljoenêr se tuiskoms
Carol Marinelli
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Plofbare weersiens! Elke aand wanneer prima ballerina, Anya Ilyushin, op die verhoog verskyn, dans sy net vir één mens – Roman Zverev – die man wat lank gelede haar hart verower en dit kort daarna gebreek het. Anya het die skerwe agter ’n ondeurdringbare muur versteek, maar toe Roman by haar kleedkamer instap, vlam die oorweldigende aantrekkingskrag tussen hulle weer op . . . Onder Roman se rykdom en wêreldwysheid sluimer ’n onverskrokke geaardheid – daar is trouens niks beskaafd aan sy gevoel vir Anya nie. Hy het haar verlaat voor hulle drange hulle kon verteer, maar die herinneringe is in sy siel ingebrand. En nou is hy terug – en vasbeslote dat Anya weer aan hom sal behoort!