Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Die sondes van Sebastian Rey-Defoe
Kim Lawrence
Datum vrygestel: 2016-06-28
Die sondes van Sebastian Rey-Defoe Voor die kansel: Sebastian Rey-Defoe het berus in ’n geriefshuwelik, maar dan onderbreek ’n rooikopskoonheid die plegtigheid! En wat erger is, hy herken haar – dis seker haar idee van wraak neem . . . Mari Jones is vasbeslote om Sebastian se ongelooflike verwaandheid ’n knou te gee – en hom te laat boet vir sy sondes! Maar sy het nie gereken op die vonke wat sou spat die oomblik toe sy en die arrogante magnaat mekaar weer sien nie. Ook het sy haar nooit voorgestel wat die gevolge van haar daad sou wees nie – sý wat kansel toe stap . . . na Sebastian toe!