Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Geërf deur Ferranti
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2017-05-02
Die wegloopbruid se terugkoms! Dit is sewe jaar sedert Sierra Rocci vir Marco Ferranti op die vooraand van hul geriefshuwelik gelos het. Nou is sy terug in Sisilië om haar erfporsie in ontvangs te neem – net om te vind alles wat haar naam dra, behoort aan Marco! Marco dag die wraak sou soeter wees . . . Maar dit is nie so soet soos die herinnering aan Sierra se skugter soene nie. Hy behoort hierdie keer sy rug vir háár te draai, maar Marco het Sierra nodig om hom met sy jongste sakeonderneming te help. Spoedig is dit egter nie meer genoeg om sy wegloopbruid aan sy sy te hê nie . . . En dit maak Marco vasbeslote om die huweliksaand wat hom nooit beskore was nie, op te eis!