Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Getroud om die sjeik se onthalwe
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2018-01-09
Weens ’n onlangse skandalige onthulling bedreig die skade aan sjeik Zayn Al-Ghamdi se reputasie sy familie se toekoms. Toe die uiters onafhanklike Amalia Christensen hom dus met verdere skade aan sy reputasie dreig ten einde haar onskuldige broer se vryheid te verseker, kies Zayn om sy vyande naby te hou . . . en maak Amalia sy tydelike verloofde! Zayn se enigste plig is teenoor sy land. Hy kan homself nie enige emosionele verhoudings toelaat nie. Die begeerte wat Amalia in hom laat ontwaak, lei die losbolsjeik egter gou in die versoeking om hulle verhouding van besigheid tot in die slaapkamer te neem . . .