Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Hierdie item is nie in voorraad nie.
Huwelikstransaksie met die geldbaas
Melanie Milburne
Datum vrygestel: 2018-03-05
Meedoënlose losbol Blake McClelland oorheers die direksiekamer en gee die toon in die slaapkamer aan. Wanneer hy ’n verloofde benodig om die belangrikste transaksie van sy lewe te help beklink, is sy oplossing net so harteloos soos hyself – en kies hy ’n vrou wat onskuldig genoeg is om die wêreld te oortuig hy het ’n nuwe blaadjie omgeslaan. Nadat sy voor die kansel in die steek gelaat is, is Matilda Toppington, bedeesde eienares van die dorp se bakkery, allesbehalwe gretig om weer ’n man se ring te dra. Blake se siniese voorstel is in een woord so verregaande dat sy dit vanselfsprekend van die hand moet wys. Tensy Tillie swig voor die onbekende genot wat sy sondige blik belowe . . .