Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Lone Star-pa
Linda Goodnight
Datum vrygestel: 2017-11-30
Verpleegster Gena Satterfield weet dit gaan ’n moeilike taak wees om haar rebelse susterskind, Derrick, groot te maak. Maar die verhuising na Gabriel’s Crossing is veronderstel om die oorgang na hulle huidige situasie makliker te maak. Dit was voordat sy besef het haar nuwe buurman is Quinn Buchanon – eens die dorp se ster-quarterback op wie sy as tiener dolverlief was . . . én Derrick se pa. Haar suster se laaste wens was dat Gena die geheim moet bewaar. Maar om te sien hoe goed Quinn met Derrick oor die weg kom en deur die seun se opstandige skanse dring, laat Gena die man in ’n heel ander lig sien. En nou, verskeurd tussen die waarheid en die belofte wat sy gemaak het, moet Gena na haar hart luister. En hoop hulle kan almal saam as ’n gesin genees.