Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
’n Bestuurshoof in haar Kerskous
Elizabeth Bevarly
Datum vrygestel: 2016-11-30
Die lees van ’n testament keer enkelouer, Clara Easton, se ganse lewe onderstebo. Teen wil en dank vind sy uit die lighartige leeglêer wat sy een lente op die strand raakgeloop het en die pa van haar seun is, is toe in werklikheid ’n skatryk Dunbarton-afstammeling wat sy fortuin aan klein Hank nagelaat het. Sy bring die Kersvakansie in die opwindende stad New York deur saam met oorlede Brent se familie, wat sy sexy tweelingbroer insluit. Maar Grant verskil hemelsbreed van die opgewekte plesiersoeker wat Clara met sy sjarme oorrompel het. Daar is geen kans dat sy sal beenaf raak op ’n werkslaaf wat nie tyd vir vreugde of ontspanning het nie. Hoekom is dit dan so moeilik om van hom afskeid te neem? Begeer sy dan nou werklik ’n bestuurshoof in haar Kerskous?
Verbode nag met die Griek
Susanna Carr
2017-01-30
Sien Meer
Bestel