Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
’n Bruid vir die man in die berge
Tracy Madison
Datum vrygestel: 2018-04-13
Sy is net reg . . . Die laaste ding wat Liam Daly verwag, is om ’n blonde skoonheid in sy huis hier diep in die Colorado-berge te vind. Maar toe ’n sneeustorm Meredith Jensen gestrand laat, is Liam se stil, afgesonderde bestaan iets van die verlede. Meredith is vasbeslote om ’n nuwe, onafhanklike lewe vir haarself te skep. Sy voel egter baie aangetrokke tot Liam se warm siel. Die man is egter nog aan die herstel ná hy sy geliefde ’n dekade of wat gelede verloor het. Maar dis net ’n kwessie van tyd voordat hulle swig voor die vonk wat tussen hulle knetter. ’n Vonk wat onverwags gevolge inhou. Maar, al wil Liam die regte ding doen, wil Meredith niks weet van trou bloot uit plig nie. Sy wil die hele sprokie hê . . .