Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
’n Onverwagte bruidegom
Ruth Logan Herne
Datum vrygestel: 2017-01-09
Heling in haar tuisdorp. Kimberly Gallagher is terug in die dorp om haar ma se florerende huweliksbeplanningsaak te bestuur. Vir ’n ervare geleentheidsorganiseerder soos Kimberly, is dit geen probleem om die uiters spannende troureëlings vir die dogter van ’n senator reg te kry nie. Maar om voormalige polisieoffisier Drew Slade – die senator se sekuriteitshoof én haar broer se gewese spanmaat – in die oë te kyk, sien sy nie kans nie. Drew weet Kimberly neem hom vir haar broer se tragiese dood kwalik. Maar vir enkelpa Drew voel Kimberly se terugkeer soos ’n antwoord op sy gebede. En al stry Kimberly met alle mag daarteen, kan sy nie anders as om op hom verlief te raak nie. Die vraag is of hulle verlede hulle vir altyd uitmekaar gaan hou, of sal ’n onverwagte onthulling van die waarheid hulle uiteindelik bymekaar bring?
Verbode nag met die Griek
Susanna Carr
2017-01-30
Sien Meer
Bestel