Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
’n Tydelike vlerkslepery
Jenna Mindel
Datum vrygestel: 2017-10-02
Voordat sy op ’n twee jaar lange begeerlike musiekstudiebeurs vertrek, gaan hou tjellis Bree Anderson ’n maand lank vakansie aan ’n meer. Maar sy word heeltemal onkant betrap toe sy tot een van die oord se bewaringsbeamptes aangetrokke voel. Die allerlaaste ding wat die natuurbewaarder Darren Zelinsky nodig het, is dat ’n ryk somer- vakansieganger – soos die verloofde wat hom afgesê het – by hom aanlê. Bree is egter geen bedreiging vir sy hart nie . . . totdat hy die kwesbare vrou onder die vlekkelose uiterlike ontdek. En kort voor lank loop Bree gevaar om halsoorkop op die aantreklike buitelugman verlief te raak. Haar vakansie is byna om en nou staan sy voor die onmoontlike keuse – ’n lewenslange droom najaag, of ’n liefde wat maar een keer in ’n leeftyd kom.