Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Hierdie item is nie in voorraad nie.
Nashville se glansdokter in versoeking
Amy Ruttan
Datum vrygestel: 2017-11-30
Befaamde neurochirurg, Vivian Maguire, ken die menslike brein soos die palm van haar hand. Maar as sy na Nashville terugkeer – en na die man wat sy sewe jaar gelede daar agtergelaat het – is dit haar hart wat skielik al haar gedagtes oorneem. Dokter Reece Castle het naam gemaak as ’n briljante neurochirurg vir beroemde vermaaklikheidsterre, maar Vivian se terugkeer ruk hom met ’n skok terug na die werklikheid. Elke blik en onbewuste aanraking stel hom in die versoeking om sy hart weer ’n keer te waag. Om ʼn tweede kans te waag met die vrou wat destyds haar rug op hom gekeer het . . .