Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Ter wille van ’n erfgenaam
Abby Green
Datum vrygestel: 2017-09-11
Tot die uiterste gedryf om haar pa se lewe te red, laat Rose O’Malley, diensmeisie in die Lyndon-Holt-huishouding, haar oorreed om ’n man te verlei. Maar die oomblik toe sy van aangesig tot aangesig met Zac Valenti praat en die geweld van sy ooglopende sensualiteit haar tref, sien sy nie meer daarvoor kans nie. Voor sy egter haar bedrog kan staak, slaan Manhattan se mees gesogte vrygesel haar voete onder haar uit – en beland sy in sy bed. Daarna sluip sy soos ’n skuldige Aspoester weg, oortuig daarvan dat Zac haar nooit weer sal sien nie . . . tot sy ontdek sy is swanger, en Zac eis dat hy die beheer van sy vurige verleidster én sy baba oorneem!