Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Terug in die Brasiliaan se bed
Susan Stephens
Datum vrygestel: 2017-01-09
Hy is terug in haar lewe . . . Die geleentheidsbeplanner Karina Marcelos is die voorste op haar gebied, maar probeer steeds vergeet van die polospeler Dante Baracca, ’n losbol wat haar hart gebreek het. Tien jaar gelede het sy haar onskuld aan hom verloor – maar dis nie al wat sy ná daardie rampspoedige nag verloor het nie . . . Sy is terug in sy bed! Dante moet die Gaucho-beker reël en weet Karina is die beste keuse vir die taak. Maar die stywe, beheerste vrou wat hy aanstel, is allermins die lewenslustige meisie wat hy eens geken het. Niemand kan onder die blakende Brasiliaanse son wegkruip nie, en Dante beplan om Karina se geheim uit haar te trek voor hy die wenbeker omhoog hou!