Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Van vriend na kamma-verloofde
Jules Bennett
Datum vrygestel: 2017-06-01
Twee vriende, een troue en ’n noodleuentjie . . . Voorgee hy is Jenna LeBlanc se minnaar? Heng, dis presies wat Mac O’Shea al jare lank wou wees. Ondanks hulle ernstige aangetrokkenheid tot mekaar het hulle ooreengekom om “net vriende” te wees. Jenna droom van lank-en-gelukkig en dis juis waar die knoop sit. Die O’Shea’s se twyfelagtige, uitgebreide sakeonderneming verhoed Mac om aan trou te dink. Hy durf dit nie eens oorweeg om ’n onskuldige meisie soos Jenna by sy duister bedrywighede te betrek nie. Nogtans kan die Mafia-losbol nie die versoeking weerstaan om die rol te aanvaar wat sy hom aanbied nie. Al is dit ook net oëverblindery vir die duur van haar suster se tropiese eilandtroue, keer niks hom om die rol met oorgawe te vertolk nie. Slegs ’n week . . . in die paradys . . . saam met ’n vrou wat hy radeloos begeer. Dit sal mos niks aan hulle vriendskap verander nie . . . of hoe?
’n Storm van passie
Lucy Ryder
2017-03-29
Sien Meer
Bestel