Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Vasgekeer saam met die magnaat
Jules Bennett
Datum vrygestel: 2017-05-02
Een sneeunag saam met die magnaat . . . Braden O’Shea is op ’n belangrike sending en moet toegang verkry tot Zara Perkins – tot haar lewe, haar huis. Dus huur hy die pragtige partytjiebeplanner om naby haar te kan wees. Maar ná een betowerende dans moet hy haar in ’n sneeustorm huis toe neem – en word hy saam met haar vasgekeer. En noudat hy haar van nader leer ken het, is verleiding sy enigste doelwit . . . Zara laat sy bloed bruis soos geen vrou wat hy al ooit geken het nie. Maar die beeldskone Zara is sku vir verbintenis en weet sy sal ’n man met so ’n twyfelagtige reputasie op ’n afstand moet hou. Hy is haar baas! Hy is verbode terrein. As sy maar net haar hande kan tuishou totdat die sneeu gesmelt het . . .
Castelli se maagdelike weduwee
Caitlin Crews
2017-03-01
Sien Meer
Bestel