Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Hierdie item is nie in voorraad nie.
Verbind deur die Sultan se baba
Carol Marinelli
Datum vrygestel: 2018-01-09
Een nag met die onskuldige huweliksbeplanner Gabi is nie genoeg vir sultan Alim al-Lehan nie, maar weens verpligtinge moet hy huiswaarts keer. Die herinneringe aan hulle verbode vreugde blyk onmoontlik om te vergeet, veral toe hy ontdek dat Gabi pas teruggekeer het van kraamverlof! Die baba móét syne wees . . . en as Gabi hom nie wil vertel nie, sal Alim met verleidelikheid die waarheid uit haar moet trek! ’n Opdrag dat sy sy huwelik moet reël, selfs al het hy nog nie ’n vrou gekies nie – is die ideale lokval. Alim wil haar in sy bed hê – maar as die sultan se minnares, of as sy bruid?