Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Verbode versoeking
Anne Mather
Datum vrygestel: 2017-08-01
’n Ongewenste versoeking . . . Met die dood van sy vrou nog pynlik vars in sy geheue, is Jack Connolly se gemoed somber en gevaarlik. Hy is beslis nie op die uitkyk vir ’n plaasvervanger nie. Sy onderdrukte sintuie kry egter nuwe lewe toe hy die konserwatiewe, maar pragtige Grace Spencer ontmoet. Jack durf egter nie op sy gevoelens reageer nie, want Grace behoort aan iemand anders! ’n Onmoontlike affair . . . Vasgevang in ’n voorgeeverhouding om haar ouers van finansiële ondergang te probeer red, besef Grace sy durf nie voor Jack swig nie. Versteek agter die hunkering in Jack se oë bespeur sy iets meer . . . is dit egter genoeg vir haar om ’n happie van die verbode vrugte te neem?