Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Verwag 'n koninklike skandaal
Caitlin Crews
Datum vrygestel: 2017-10-02
Koninklike skobbejak Cairo Santa Domini is die onwaarskynlikste koning in Europa en hy vermy sy troon met ’n passie. Om sy roekelose beeld gestand te doen en die boeie van plig te vermy, moet Cairo met die méés ontoepaslike vrou trou . . . Mediasensasie Brittany Hollis het ’n reputasie wat skandalig genoeg is om met Cairo s’n mee te ding. Maar met elke skroeiende soen ontbloot sy meer van haar geheime aan Cairo as wat sy nog ooit aan die res van die wêreld gewys het. Maar daar is ’n verrassende einde aan hulle feëverhaal-in-die-skinderpers wat hulle albei skok . . . Brittany is dalk nie ’n geskikte koningin nie, maar sy verwag ’n koninklike erfgenaam!