Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Begeerte
sorteer volgens
Een week saam met die strooijonker
Andrea Laurence
Datum vrygestel: 2017-01-30
Wat gebeur as ’n kastige troue-afspraak heeltemal te werklik word? Voorgee om die beroemde akteur Julian Cooper se meisie te wees? Party vroue sou dalk in hul noppies wees met die versoek – maar nie Gretchen McAlister nie. Haar werk is om troues te beplan, nie om die strooijonker se metgesel te wees nie. Maar ná Julian se onlangse beëindiging van sy verhouding met ’n mede-ster, is die “gewone” Gretchen die perfekte publisiteitsfoefie...
’n Vryery met haar cowboy-baas
Janice Maynard
Datum vrygestel: 2017-03-29
As nuwe president van die Texas Cattleman’s Club gaan Case Baxter voortaan sy hande vol hê. Hy is verplig maar teësinnig om ’n huishoudster aan te stel. Hy is immers al voorheen lelik deur ’n fortuinsoeker ingeloop. En tog . . . toe die parmantige rooikop, Melinda Winslow, opdaag, is hy onteenseglik aangetrokke tot haar. Mellie het groot planne vir haar klein skoonmaakdienste-onderneming...
Vasgekeer saam met die magnaat
Jules Bennett
Datum vrygestel: 2017-05-02
Een sneeunag saam met die magnaat . . . Braden O’Shea is op ’n belangrike sending en moet toegang verkry tot Zara Perkins – tot haar lewe, haar huis. Dus huur hy die pragtige partytjiebeplanner om naby haar te kan wees. Maar ná een betowerende dans moet hy haar in ’n sneeustorm huis toe neem – en word hy saam met haar vasgekeer. En noudat hy haar van nader leer ken het, is verleiding sy enigste doelwit ...
Van vriend na kamma-verloofde
Jules Bennett
Datum vrygestel: 2017-06-01
Twee vriende, een troue en ’n noodleuentjie . . . Voorgee hy is Jenna LeBlanc se minnaar? Heng, dis presies wat Mac O’Shea al jare lank wou wees. Ondanks hulle ernstige aangetrokkenheid tot mekaar het hulle ooreengekom om “net vriende” te wees. Jenna droom van lank-en-gelukkig en dis juis waar die knoop sit. Die O’Shea’s se twyfelagtige, uitgebreide sakeonderneming verhoed Mac om aan trou te dink...
’n Uitdaging vir die dokter
Michelle Celmer
Datum vrygestel: 2017-03-01
’n Baie siek baba – en ’n besonderse verpleegster. Gaan hulle ’n skatryk dokter mak maak? Pediater Parker Reese is gewoonlik kaatjie van die baan tussen die vroue. ’n Pasgebore baba in ’n krisissituasie stuur die pragtige, hovaardige verpleegsuster, Clare Connelly, oor sy pad. Hy gaan ’n weddenskap aan dat hy haar, ondanks haar afsydigheid, sal kan verlei. Maar toe hulle aanklank by mekaar vind terwyl hulle om die baba se lewe veg, ontstaan die vraag: Wie gaan nou eintlik die verleidingswerk doen? Die weddenskap word afgestel, maar kan Clare haar hart aan die losboldokter toevertrou, of is dit in elk geval net ’n speletjie?