Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Inspirerend
sorteer volgens
Die held se liefling
Abby Green
Datum vrygestel: 2017-03-29
Perfekte pasmaats? Militêre bevelvoerder Jack Sullenberger is gewoond daaraan om probleme op te los. Maar toe sy pa in sy geliefde diner ’n beroerte kry, is dit Olivia Abbott, ’n kelnerin en mediese noodhulpstudent, wat hom te hulp snel. Jack haas hom huis toe om na sy pa om te sien en die besigheid oor te neem, maar hy loop hom trompop in Olivia se sterk opinies vas. Die staalharde soldaat en die kelnerin kan nie saamstem oor wat die beste vir die restaurant is nie...
’n Alaska-troue
Belle Calhoune
Datum vrygestel: 2017-03-01
Die dorp se naam is Love . . . Verslaggewer Grace Corbett kom op ’n unieke storie af wat sy eenvoudig móét opvolg. Die stadsmeisie verhuis na Love, in Alaska, waar die burgemeester se “Operasie Love” vroue van oor die hele land aan aantreklike Alaska-mans voorstel. Grace gee voor sy is ook een van die vroue op soek na romanse, en haar taak word aansienlik makliker toe die aantreklike sheriff Boone Prescott haar hart steel...
Skielik ’n pa
Carol Voss
Datum vrygestel: 2015-03-26
Die seuntjie in Jessica Chandler se arms is dokter Peter Sheridan se ewebeeld. Tot die rooibruin hare, bruin ogies, kuiltjie in die ken – en die klein geboortemerk op sy kaak. Peter het nie ’n idee gehad dat hy ’n kind het nie. Of dat die baba se ma oorlede is en sy seun deur haar tweelingsuster Jessie grootgemaak word nie. ’n Werkslaaf met min persoonlike bande, weet Peter nie mooi hoe om ’n pa te wees nie...
Standvastige soldaat
Cheryl Wyatt
Datum vrygestel: 2012-10-24
Om mense te red, is sy werk . . . . . . maar die een persoon wat Chance Garrison, lid van die lugmag se valskermreddingspan, skynbaar nie kan help nie is sy siek pa wat sy noodsaaklike fisieke rehabilitasie volstrek weier. Dit is totdat Chance die onkonvensionele arbeidsterapeut Chloe Callett aanstel. Tot sy verbasing verrig Chloe en haar vriendelike swart labrador wondere. En nie net met die ouer Garrison nie...
Die enkelma se hart gesteel
Glynna Kaye
Datum vrygestel: 2017-06-01
Hulle onverwagte liefde . . . Toe sy met haar dogter na Hunter Ridge, Arizona, toe verhuis, is Sunshine Carston na meer as net ’n mooi landskap op soek. Sy soek antwoorde. Volgens die familielegende is haar voorouers deur die Hunter-familie van hulle grond beroof. Nadat sy Grady Hunter ontmoet, loop Sunshine se sending egter gevaar om te misluk – hoe kan sy ondersoek instel na die Hunters terwyl sy op een verlief is? Toe Grady se ma siek word, tree hy in en help haar om teen Sunshine vir die stadsraad te staan...
Verlief op die aanstaande mamma
Jenna Mindel
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Babaverrassing vir die weduwee! Toe Annie Marshall net weke ná haar man se dood ontdek sy is swanger, verander haar hartseer in hoop. Beangs om dit alles in die toekoms alleen in die gesig te staar, aanvaar sy teësinnig die hulp van haar oorlede man se beste vriend, Matthew Zelinsky. Die soen wat hulle ná die begrafnis deel is bloot dié van twee vriende wat mekaar vertroos – of dis wat sy vir haarself sê...
Sy geheime kind
Lee Tobin McClain
Datum vrygestel: 2017-05-02
’n Verrassing-pa! Vasgesneeu op die plaas waar sy haar vriende se huis oppas en tydelik na die hondeskuiling omsien, kan Fern Easton nie die aantreklike vreemdeling wegjaag wat gedurende die sneeustorm daar opdaag nie. Wie is hierdie geheimsinnige man wat net so handig is met rondloperhonde as wat hy haar vierjarige pleegdogtertjie hanteer? Carlo Camden het teruggekom Rescue River, Ohio, toe om ’n pa te wees vir ’n dogtertjie van wie se bestaan hy nooit geweet het nie...
Haar brandweerheld
Leigh Bale
Datum vrygestel: 2017-08-01
Die jong weduwee Megan Rocklin doen haar bes om oor die dood van haar brandweerman te kom. Dis ’n jaar ná die tragedie en sy het dit reggekry om die gesin se diner aan die gang te hou en na haar twee aktiewe kinders, June en Caleb, om te sien. Dis omtrent soveel as wat sy kan hanteer – maar dan vra Jared Marshall vir Megan om die maaltye vir sy kranige brandweerspan te voorsien. Met sy robuuste, aantreklike voorkoms, laat die nuwe brandweerbestuurder vir Minoa, Nevada, baie koppe draai – hoewel dit Megan is wat sy hart vinniger laat klop...
Romanse aan die rotskus
Mia Ross
Datum vrygestel: 2014-06-11
’n Plek vir bevryding . . . Die joernalis Bree Farrell gaan na die dorpie Holiday Harbor toe om haar loopbaan te red. Daar ontmoet sy die aantreklike jong burgemeester Cooper Landry. Cooper veg om sy dooierige dorpie in Maine uit die kloue van ontwikkelaars te red. En Bree weet dit is voorbladnuus. Maar hoe langer sy in die dorp bly, hoe meer hou sy van die eksentrieke inwoners – en die sjarmante Cooper...
’n Alaskiese toevlugsoord
Teri Wilson
Datum vrygestel: 2017-05-02
’n Veranderde gesindheid . . . Piper Quinn baklei hard vir die toekoms van haar toevlugsoord vir wolwe. Moeilike kinderjare het haar geleer om meer op haar gemak saam met diere as mense te voel – veral saam met die pragtige wolwe van Aurora, Alaska. Toe joernalis Ethan Hale dus daar opdaag om verslag oor haar sukkelende wolfskuiling te doen – en van oordeel is dat die wolwe ’n gevaar vir die gemeenskap inhou – is sy gereed om hom verkeerd te bewys...