Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Medies
sorteer volgens
Die hubaarste dokter in Londen
Annie O'Neil
Datum vrygestel: 2017-05-02
Toe ’n besering Lina Keminsky, ’n prima ballerina, dwing om haar drome te laat vaar, gaan werk sy as ontvangsdame om kop bo water te hou. Maar om vir Londen se mees gesogte dokter, Cole Manning, te werk, is heeltemal anders as wat sy verwag het . . . Die vurige Lina kry dit gou reg om Cole se weerstand te laat verkrummel – maar kan hulle mekaar se harte heelmaak?
Die Griekse dokter se geheime seun
Jennifer Taylor
Datum vrygestel: 2017-05-02
Verpleegster Amy Prentice neem haar seun na die eiland Constantis om hom aan sy Griekse herkoms bekend te stel. Die allerlaaste mens wat sy verwag om raak te loop, is dokter Nico Leonides – die man wat nege jaar gelede haar hart gebreek het . . . en Jacob se pa is! Dit kan nie weggeredeneer word dat Nico, namate hy Jacob leer ken, ’n uitmuntende pa is nie. Met hulle gemeenskaplike belangstelling in hul seun, vlam hulle vroeëre liefde weer op...
Haar vakansiewonderwerk
Joanna Neil
Datum vrygestel: 2017-03-01
Karibiese ontvlugting! Die talentvolle traumaspesialis Cade Byfield het skynbaar alles wat ’n mens se hart kan begeer, tog voel hy nog altyd iets ontbreek. Toe dokter Rebecca Flynn egter op die Karibiese Eilande aankom, begin Cade dink sy is heel moontlik die antwoord waarna hy op soek is. Maar dié geheimsinnige skoonheid verberg ’n ontsettende geheim – die gesin wat Cade wil hê, is die een ding wat sy hom waarskynlik nooit sal kan gee nie...
’n Baba om hul harte te genees
Kate Hardy
Datum vrygestel: 2016-01-25
’n Baba om hul harte te genees Ongeag hoe beeldskoon dokter Bailey Randall is, gaan sportdokter, Jared Fraser, hom nie steur aan haar lastige navorsing nie. Hy het meer as genoeg van aantreklike vroumense gehad. Tog kruip Bailey onder sy vel in. Twee jaar tevore het ’n buisswangerskap haar drome van ’n baba aan skerwe laat spat en daarmee ook haar huwelik. Sedertdien het sy mans en babas uit haar lewe verban...
Die swierbol se versoek
Kate Hardy
Datum vrygestel: 2017-06-30
Nadat sy kort tevore in die steek gelaat is, weet verpleegster Isla McKenna sy moet die plesiersoeker, dokter Harry Gardiner, vermy. Maar daar steek heelwat meer in hom as wat mens dink, en toe hy hulp soek voor ’n familietroue, kan Isla dit nie weerstaan nie. Maar hulle naweek saam is uiters verleidelik en laat albei na baie meer smag . . .
’n Storm van passie
Lucy Ryder
Datum vrygestel: 2017-03-29
Dokter Evelyn Carmichael se plan: 1. Reis na die Suidelike Stille Oseaan en verhoed haar suster se huwelik met die verkeerde man. 2. Kom so gou moontlik daar weg om weer op haar loopbaan te fokus. 3. Vermy alle mans. Hulle veroorsaak immers net probleme! Sake neem egter ’n onverwagte wending toe Eve se pad met dié van ’n sexy vlieënier, Chase Gallagher, kruis. Een kyk na hom en Eve is gereed om van haar plan af te sien ...
Engelse roos in die Outback
Lucy Clark
Datum vrygestel: 2017-10-02
Die Engelse lady Daisy Forsythe-York durf ’n nuwe avontuur in die Outback van Australië aan. Sy verwag egter nie om op haar eerste dag in die hospitaal van Meeraji Lake in die arms van die onweerstaanbare chirurg Oscar Price flou te val nie. Die aantreklike Oscar laat onderdrukte emosies en drange in Daisy herontwaak. Kan dit moontlik lei tot iets wat hierdie twee behoedsame mense se verwagtings heeltemal oortref?
’n Kind om hul harte oop te maak
Marion Lennox
Datum vrygestel: 2017-09-11
Joni, ’n weeskindjie wat uit die see gered is, is Hettie de Lacey se laaste kans om ’n ma te word. Om die baba te behou, het sy egter dokter Max Lockhart se hulp nodig. Max is moeg vir verantwoordelikhede, maar word deur hunkering na die pragtige Hettie oorweldig. Kan hy sy rug op hulle draai terwyl alles omtrent Hettie en Joni hom dwing om te bly?
’n Gesin vir altyd
Molly Evans
Datum vrygestel: 2016-06-28
’n Gesin vir altyd Rebel sonder ’n tuiste! Om ’n locumverpleegster te wees, pas Rebel Taylor uitstekend – geen bande, verhoudings of romanse nie. Wat kan sy in elk geval ’n man bied met dié dat haar familie die Huntington-gene dra? Maar Duncan McFee, Albuquerque se sexieste dokter, stem nie saam nie. Hy is vasbeslote om hierdie pragtige, wonderlike vrou van plan te laat verander – en haar verhaal laat hom boonop sy hart op die spel plaas...
Verlei deur haar baas
Scarlet Wilson
Datum vrygestel: 2016-09-21
Die een oomblik sit dokter Grace Barclay by haar lessenaar en die volgende oomblik is sy naak onder die ontsmettingstorte met die hartebrekerdokter, haar nuwe baas, Donovan Reid. Haar loopbaan is egter op die spel en Grace moet hom om die régte redes beïndruk. Om toe te gee aan die versoeking van Donovan sal heeltemal verkeerd wees . . .
Die dokter se baba-geheim
Scarlet Wilson
Datum vrygestel: 2017-08-01
Dokter Corrine Carter se werk as mediese adviseur kry skielik lewe toe die waagduiwel Austin Mitchell by die ruimtevaartopleidingsprogram aansluit. Dit word gou duidelik dat die chemie tussen hulle warmer is as die somerson in Texas! Met sy uitdagende selfvertroue laat die asemrowende Austin die dokter fantasties voel – sy wat so skepties staan teenoor verhoudings. Toe hulle vuurwarm, maar kortstondige verhouding ’n onverwagte gevolg het, wonder Corrine of sy dit mag waag om te droom oor ’n huis en ’n toekoms saam met haar ruimtevaartvlieënier ...
Getroud ter wille van die baas se baba
Susan Carlisle
Datum vrygestel: 2017-06-01
’n Onverwagte baba . . . Toe die suksesvolle chirurg Grant Smythe se halfsustertjie wees gelaat word, is Grant vasbeslote om haar geborge en liefdevol groot te maak. In skrille kontras met hoe sy eie pa opgetree het. ’n Gerieflike aanbod . . . Sy aansoek om toesig oor die baba word teëgestaan en dit beteken Grant het vinnig ’n vrou nodig! Sara Marcum, die babaoppasser, is die ideale kandidaat vir die skynhuwelik...