Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Modern
sorteer volgens
Ter wille van ’n erfgenaam
Abby Green
Datum vrygestel: 2017-09-11
Tot die uiterste gedryf om haar pa se lewe te red, laat Rose O’Malley, diensmeisie in die Lyndon-Holt-huishouding, haar oorreed om ’n man te verlei. Maar die oomblik toe sy van aangesig tot aangesig met Zac Valenti praat en die geweld van sy ooglopende sensualiteit haar tref, sien sy nie meer daarvoor kans nie. Voor sy egter haar bedrog kan staak, slaan Manhattan se mees gesogte vrygesel haar voete onder haar uit – en beland sy in sy bed...
Geheim van ’n huwelik met Marchesi
Amanda Cinelli
Datum vrygestel: 2017-08-01
Lees alles oor die Italiaanse biljoenêr Rigo Marchesi se geheime liefdeskind by die Londense aktrise Nicole Duvalle. Die geweldige skok wat die Marchesi-groep getref het, kan bestuurshoof Rigo se jongste saketransaksie kelder. Tensy gerugte waar is dat die babaskandaal ’n sprokieseinde gaan hê. Hierdie beriggewer vertel jou die ware verhaal van hulle hoogs geheime troue. Van Nicole se haute couture-rok tot hulle knetterende omhelsing buite die wittebroodsuite...
Verbode versoeking
Anne Mather
Datum vrygestel: 2017-08-01
’n Ongewenste versoeking . . . Met die dood van sy vrou nog pynlik vars in sy geheue, is Jack Connolly se gemoed somber en gevaarlik. Hy is beslis nie op die uitkyk vir ’n plaasvervanger nie. Sy onderdrukte sintuie kry egter nuwe lewe toe hy die konserwatiewe, maar pragtige Grace Spencer ontmoet. Jack durf egter nie op sy gevoelens reageer nie, want Grace behoort aan iemand anders! ’n Onmoontlike affair ...
Castelli se maagdelike weduwee
Caitlin Crews
Datum vrygestel: 2017-03-01
“Sint Kate is ’n mite . . .” Roekelose magnaat Luca Castelli dink hy weet alles van sy oorlede pa se weduwee Kathryn. Hy laat hom nie flous deur die poniepers se bewondering nie – sover dit hom aangaan, is hierdie jong, pynlik mooie vrou geen heilige nie! Wanneer die voorwaardes in sy pa se testament Luca dus dwing om Kathryn se hoof te word, neem hy hom voor om haar werkslewe vir haar so moeilik moontlik te maak ...
Die onstuitbare biljoenêr se tuiskoms
Carol Marinelli
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Plofbare weersiens! Elke aand wanneer prima ballerina, Anya Ilyushin, op die verhoog verskyn, dans sy net vir één mens – Roman Zverev – die man wat lank gelede haar hart verower en dit kort daarna gebreek het. Anya het die skerwe agter ’n ondeurdringbare muur versteek, maar toe Roman by haar kleedkamer instap, vlam die oorweldigende aantrekkingskrag tussen hulle weer op . . . Onder Roman se rykdom en wêreldwysheid sluimer ’n onverskrokke geaardheid – daar is trouens niks beskaafd aan sy gevoel vir Anya nie...
Verbind deur die Sultan se baba
Carol Marinelli
Datum vrygestel: 2018-01-09
Een nag met die onskuldige huweliksbeplanner Gabi is nie genoeg vir sultan Alim al-Lehan nie, maar weens verpligtinge moet hy huiswaarts keer. Die herinneringe aan hulle verbode vreugde blyk onmoontlik om te vergeet, veral toe hy ontdek dat Gabi pas teruggekeer het van kraamverlof! Die baba móét syne wees . . . en as Gabi hom nie wil vertel nie, sal Alim met verleidelikheid die waarheid uit haar moet trek! ’n Opdrag dat sy sy huwelik moet reël, selfs al het hy nog nie ’n vrou gekies nie – is die ideale lokval...
Die pierewaaier se pion
Cathy Williams
Datum vrygestel: 2016-10-25
Meester van verleiding . . . Alessandro Falcone is alombekend as ’n wenner – in alles wat hy aanpak. Om teen sy sin ter wille van sy bejaarde pa Skotland toe te moet gaan, is lastig vir die alleenloper-biljoenêr, maar hy sal gaan, kry wat hy wil hê en padgee. Maar toe, in die lang, koue nagte van die Skotse Hooglande, bied die verruklike Laura Reid welkome afleiding . . . Laura mag dalk die teenoorgestelde wees van die glansryke vroue aan wie Alessandro gewoonlik voorkeur gee, maar haar verfrissende onskuld en verleidelike lyf bied ’n bekoring wat van haar des te meer ’n uitdaging maak...
Cipriani se onskuldige gevangene
Cathy Williams
Datum vrygestel: 2018-03-05
Een van Lucas Cipriani se werknemers het inligting wat ’n lewensbelangrike oorname kan skaad – en hy is woedend! Die enigste manier om die verleidster Katy Brennan te hanteer is om haar veertien dae lank op sy jag gevange te hou, afgesny van die wêreld tot die ooreenkoms onderteken is . . . Katy is woedend oor die biljoenêr se eiegeregtige optrede – maar ook onwillig geboei deur die aantreklike uitvoerende hoof...
Die bruid is miljoene werd
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Miljoen redes om “ja” te sê! Athena Howard kan nie glo sy het dit gedoen nie. In ’n yslike groot trourok by die venster uitgeklim om van die Troue van die Jaar én die verloofde wat vir haar gejok het, te ontsnap. En toe val sy . . . . . . reguit in die arms van Luca de Rossi! Dit móét die noodlot wees. Luca het nét twee weke om ’n vrou te soek wat met hom sal trou sodat hy aan die voorwaardes van sy ouma se testament kan voldoen...
In Vialli se beloftes verstrik
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2018-02-01
’n Noue ontkoming . . . Kelnerin Marnie Clarke raak smoorverlief op die veelbesproke Italiaanse geldmagnaat en word sy minnares. Dan kom sy agter dat sy allerweë as Leandro Vialli se skelmpie beskou word. Dit breek haar brose hart. Sy vlug met haar trots . . . en hulle ongebore baba! Leandro weier om te glo die kind is syne – tot ’n vaderskaptoets hom oortuig. Maar hy het helaas sy kanse by Marnie verspeel...
Die troon wat op hom wag
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2018-04-13
’n Vermiste prins . . . Die losbol Jarek ken die donker plek binne-in hom baie goed. Die sielkundige, dokter Holly Maitland, is sy kans om die geheime van sy verlede te ontsluit. Maar alleen saam met Holly in die Oostenrykse Alpe, kan Jarek aan niks anders dink nie as hoe hy die lae van haar koel, verloklike houding een na die ander kan afstroop! Holly kan dwarsdeur Jarek se taktiek sien – hoe hy die aandag weglei...
Die geheim agter die sluier
Dani Collins
Datum vrygestel: 2017-11-01
Met vyf woordjies beklink Mikolas Petrides ’n belangrike sakesamesmelting en vergoed so uiteindelik sy oupa omdat hy hom uit die aaklighede van sy kinderdae gered het. Maar toe hy sy nuwe bruid se sluier lig, is sy nie die vrou wat hy verwag het nie . . . Viveka Brice sal enigiets doen om haar kleinsus te beskerm – selfs voorgee om met ’n vreemdeling te trou. Toe haar bedrog onthul word, vlug sy van die bruilof af, maar word spoedig deur Mikolas gekonfronteer...
Die sjeik se laaste verleiding
Jennie Lucas
Datum vrygestel: 2015-01-12
Dít wil ek nog sien! Toe sjeik Sharif vir Irene Taylor meer geld aanbied as wat sy nog ooit verdien het om sy suster se chaperone te wees, kan sy dit nie van die hand wys nie – eindelik sal sy haar gesin se toekoms kan verseker. Irene mag dalk onskuldig wees, maar sy ken die spoor van verwoesting wat vrouejagters soos Sharif nalaat en sal sy bedrewe verleiding weerstaan . . . Sharif blink uit in alles wat hy doen – veral in die slaapkamer! Sy verlowing is nog nie aangekondig nie en tot dan sal hy sy vryheid geniet...
Haar koninklike onskuld opgeëis
Jennifer Hayward
Datum vrygestel: 2017-05-02
Gevind! Toe Aleksandra Dimitriou onthul word as die geheime dogter van Akathinia se voormalige koning, word sy uit haar gemaklike bestaan en by ’n koninklike wêreld ingepluk . . . onder beskerming van Aristos Nicolades. Verbode . . . Aristos het opdrag om nie aan die onskuldige prinses te raak nie. Maar die beeldskone Aleksandra bring rebelse drange na vore wat die selfgemaakte Griekse magnaat gedink het hy lankal te bowe gekom het...
Bestem vir die woestynkoning
Kate Walker
Datum vrygestel: 2017-05-02
’n Gerieflikheidskoningin? Daar is geen twyfel nie dat hulle huwelik een van gerief en politieke taktiek is. Maar die skaam skoonheid Aziza El Afarim hoop in die geheim dat haar man – die seun wat sy eenmaal bewonder het – iets sal onthou van die toegeneentheid wat hulle as kinders gedeel het. Behalwe dat sjeik Nabil bin Rashid Al Sharifa glad nie meer die seun is wat hy was nie. Die las van verlies en mag het hom onherkenbaar verander...
Geërf deur Ferranti
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2017-05-02
Die wegloopbruid se terugkoms! Dit is sewe jaar sedert Sierra Rocci vir Marco Ferranti op die vooraand van hul geriefshuwelik gelos het. Nou is sy terug in Sisilië om haar erfporsie in ontvangs te neem – net om te vind alles wat haar naam dra, behoort aan Marco! Marco dag die wraak sou soeter wees . . . Maar dit is nie so soet soos die herinnering aan Sierra se skugter soene nie. Hy behoort hierdie keer sy rug vir háár te draai, maar Marco het Sierra nodig om hom met sy jongste sakeonderneming te help...
Demetriou eis sy kind op
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2017-11-30
Tien jaar gelede het die onskuldige Iolanthe Petrakis haar deur die genadeloosste magnaat in Athene laat verlei. Alekos Demetriou het haar die enigste sondig verleidelike aand van haar lewe gegee. Maar toe hy ontdek sy is die dogter van sy vyand, het hy haar uitgesmyt . . . voordat Iolanthe hom kon sê sy verwag sy kind! Nou, met haar familie se maatskappy in die moeilikheid, word Iolanthe egter gedwing om haar kosbaarste geheim te deel met die man wat wraak teen haar pa gesweer het...
Onder die Argentyn se beheer
Lucy Ellis
Datum vrygestel: 2017-06-01
Gestrand en verlei! Lulu Lachaille se geheime agorafobie gaan haar nie weghou van haar beste vriendin se groot dag nie. Alles is vir haar heeltemal vreemd, maar dit is nie die rede hoekom haar hart op loop sit nie . . . Siniese hoofstrooijonker en Argentynse poloheld Alejandro du Crozier verpes troues, totdat hy ongerieflik in die Skotse Hoogland met die aanloklike hoofstrooimeisie gestrand raak! Onervare Lulu is eenvoudig te begeerlik vir Alejandro om nie voor haar te swig nie...
Leonetti se huishoudster-bruid
Lynne Graham
Datum vrygestel: 2017-03-28
Sy onskuldige vrou . . . ’n Huwelik is die allerlaaste waarmee Gaetano Leonetti opgesaal wil wees. Maar nou het sy oupa bepaal as hy bestuurshoof van die familie se bank wil word, moet Gaetano ’n gawe, doodgewone meisie vind om mee te trou. Oortuig dat sy oupa nie al sy varkies het nie, besluit Gaetano om hom met die huishoudster Poppy Arnold te uitoorlê. Vanweë haar uitgesprokenheid en ongewone kleresmaak is sy beslis nie van die regte stoffasie vir ’n eggenote nie! Maar kort voor lank bekoor die hardwerkende, selfopofferende Poppy sy oupa so dat Gaetano opgeskeep sit met ’n huwelik wat hy nie wil hê nie, en ’n bruid wat hy onheilig begeer! Maar kan hy hom régtig die kosbare gawe van haar maagdelikheid toe-eien nadat hy vir haar ’n strik gestel het om te misluk?
Opgeëis vir die Leonelli-nalatenskap
Lynne Graham
Datum vrygestel: 2018-02-01
’n Nuwe toekoms wat wag . . . ’n Onskuldige Tia Grayson ken geen lewe buite die Brasiliaanse klooster wat haar tuiste is nie. Totdat Max Leonelli arriveer met die skokkende nuus dat sy die erfgenaam van ’n fortuin uit Engeland is en ’n brandende begeerte vir sy aanraking laat ontwaak . . . ’n Biljoenêr! Tia se oupa verwag ’n huwelik tussen sy protégé en sy erfgenaam – maar Max is nie troumateriaal nie...
’n Reël wat oortree moet word
Maggie Cox
Datum vrygestel: 2015-12-14
’n Reël wat oortree moet word Moenie besigheid en plesier meng nie! Jake Sorenson is ’n berugte pierewaaier en ’n wêreldklas musiekvervaardiger, maar sover dit sy werk aangaan, gee hy nóóit toe aan versoeking nie – selfs in die uitlokkende vorm van sy nuutste kliënt, Caitlin Ryan. Asemrowend, talentvol en weerloos, is sy ’n onweerstaanbare mag . . . en die uiterste toets vir Jake se goue reël...
Carides se vergete eggenote
Maisey Yates
Datum vrygestel: 2017-10-02
Die Griekse biljoenêr Leon Carides het alles: rykdom, mag, berugtheid. Hy het selfs ’n vrou, hoewel hy nog nooit aan sy onskuldige bruid in hulle geriefshuwelik geraak het nie. En toe verloor dié verdorwe, losbandige pierewaaier sy geheue in ’n ongeluk . . . Leon kan niks onthou nie, net sy vrou se sprankelende blou oë. En nou kan hy sy begeerte na Rose vrye teuels gee, want die struikelblokke van vroeër is uit sy geheue gewis...
Huwelikstransaksie met die geldbaas
Melanie Milburne
Datum vrygestel: 2018-03-05
Meedoënlose losbol Blake McClelland oorheers die direksiekamer en gee die toon in die slaapkamer aan. Wanneer hy ’n verloofde benodig om die belangrikste transaksie van sy lewe te help beklink, is sy oplossing net so harteloos soos hyself – en kies hy ’n vrou wat onskuldig genoeg is om die wêreld te oortuig hy het ’n nuwe blaadjie omgeslaan. Nadat sy voor die kansel in die steek gelaat is, is Matilda Toppington, bedeesde eienares van die dorp se bakkery, allesbehalwe gretig om weer ’n man se ring te dra...
Beskerming van sy uitdagende naïweling
Michelle Smart
Datum vrygestel: 2018-04-13
Verlei deur haar biljoenêr beskermer . . . Op reis na ’n gevaarlike Karibiese eiland om haar oorlede broer se liefdadigheidswerk voort te sit, bevind Francesca Pellegrini haar onder die beskerming van sekuriteitsmagnaat, Felipe Lorenzi. Onafhanklike Francesca is woedend oor sy bevele, maar elke blik van Felipe is ’n uitnodiging om van haar onskuld afstand te doen . . . Sy liggaam en sy hart is kliphard na sy militêre loopbaan en hy stel nie belang in Francesca se verleidingspeletjies nie...
Die sjeik se laaste minnares
Rachael Thomas
Datum vrygestel: 2017-05-02
Bevorder tot prinses! Destiny Richards weet sy speel met vuur toe sy die charismatiese sjeik Zafir al Asmari se werksaanbod aanvaar. Dit lyk egter na ’n billike prys om ’n nuwe lewe te kan begin. Tot die temperatuur kookpunt bereik en Destiny haar betrap dat sy ’n onvergeetlike nag met die sjeik deurbring! Toe Zafir vir Destiny verlei, het hy geen benul dat sy die titel as sy laaste minnares sal hou nie...
Die Griek se spelreels
Sarah Morgan
Datum vrygestel: 2016-02-22
Die Griek se spelreëls Dis tyd om die reëlboek weg te gooi . . . Idealistiese argeoloog Lily Rose begeer liefde soos in ’n sprokie, maar elke ondervinding eindig altyd met ’n gebroke hart. Nou probeer Lily dus ’n ander benadering – ’n kortstondige affair met haar baas, berugte Griekse pierewaaier, Nik Zervakis! Nik is antiliefde en antigesin en leef volgens sy eie stel reëls. Daar is niemand beter as hy om vir Lily te leer hoe om vuurwarm seks van diep emosies te skei nie! Maar, hoewel Nik die wêreld aan sy voete het, het hy ook donker skaduwees in sy hart...
Skande in die woestyn
Sharon Kendrick
Datum vrygestel: 2014-10-20
’n Vermomde prinses . . . Verbind tot ’n lewe van beperkings en reëls, voel prinses Leila van Qurhah soos ’n marionet waarvan die sultan die toutjies vashou. Sy smag na vryheid, en slegs een man hou die sleutel daartoe . . . Toe die berugte advertensiereus Gabe Steel in die woestynkoninkryk van Qurhah aankom, is die laaste ding wat hy verwag ’n aanloklike vreemdeling in sy hotelkamer wat op ’n werk aandring...
Gebonde aan die Toskaanse biljoenêr
Susan Stephens
Datum vrygestel: 2017-03-29
Nege maande om wat syne is op te eis! Vir tuinier Cassandra Rich is haar werk op ’n Toskaanse landgoed ’n uitkoms. Hier kan sy die verlede ontvlug. Tot die eienaar onverwags opdaag – en haar net so onverwags raaksien . . . Marco di Fivizzano kan sy oë nie van die verruklike tuinwerker afhou nie. Maar wie is sy werklik? Toe hy dus ’n metgesel vir ’n gala-geleentheid benodig, is dit sy kans om die vurige blondine te ontmasker – hetsy tydens die dinee, hetsy in sy bed! In Marco se arms ontluik Cass as ’n meelewende gespreksgenoot, vind sy die vryheid waarna sy gehunker het ...
Verbode nag met die Griek
Susanna Carr
Datum vrygestel: 2017-01-30
Stergios Antoniou het sy stiefsuster, Jodie Little, laas gesien die nag toe hulle uiteindelik toegegee het aan hulle verbode aangetrokkenheid tot mekaar. Jodie, die molesmaker wat die deur gewys is. Toe hy te midde van ’n uiters belangrike saketransaksie hoor sy is terug in Athene, ontvoer hy haar na sy privaat eiland. Hy kan nie toelaat dat haar teenwoordigheid die transaksie in die wiele ry nie...
Die ware koning van Dahaar
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2016-07-25
Die ware koning van Dahaar Eens was hy die kroonprins met ’n koninkryk om oor te heers . . . Maar toe ’n gebroke hart hom roekeloos maak, verloor Azeez byna alles – ook sy lewe. Nou moet hy kies: bring die res van sy lewe in die skadu’s van die verlede deur, of gryp die toekoms aan as die ware koning van Dahaar. Dokter Nikhat Zakhari het Azeez verlaat omdat sy nie vir hom kon gee wat hy nodig het om te heers nie...
’n Gedugte man
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2016-01-25
’n Gedugte man Sy wou vrede maak . . . maar sit toe ’n stryd aan die gang! Riya leef in die skadu van die ontwykende biljoenêr Nathaniel Ramirez, haar aangenome pa se seun. Vasbeslote om hulle met mekaar te versoen en die verlede agter te laat, lok sy Nate huis toe met die enigste ding wat hy nog altyd wou hê: die familielandgoed. Nate is briesend omdat Riya hom laat terugkom het om die verlede te trotseer, maar kan nie haar aas weier nie...
Die sjeik se swanger gevangene
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2017-03-01
Vir Zafir al Masood, die nuwe sjeik van Behraat, was om die vurige Lauren Hamby te verlaat die moeilikste ding wat hy nog moes doen. Gebind deur ’n lewe van eer, is sy vuurwarm warrelwindaffair met Lauren die enigste vryheid wat Zafir hom al ooit veroorloof het. Maar nadat hy uitvind Lauren verwag sy kind en was van plan om dit geheim te hou, neem Zafir sy passievolle minnares gevange. Anders as hy, sal sy baba nié ’n sjeik se buite-egtelike erfgenaam wees nie...
Getroud om die sjeik se onthalwe
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2018-01-09
Weens ’n onlangse skandalige onthulling bedreig die skade aan sjeik Zayn Al-Ghamdi se reputasie sy familie se toekoms. Toe die uiters onafhanklike Amalia Christensen hom dus met verdere skade aan sy reputasie dreig ten einde haar onskuldige broer se vryheid te verseker, kies Zayn om sy vyande naby te hou . . . en maak Amalia sy tydelike verloofde! Zayn se enigste plig is teenoor sy land. Hy kan homself nie enige emosionele verhoudings toelaat nie...
Gestuur om hom te tem
Victoria Parker
Datum vrygestel: 2014-12-01
Dit is sinloos om hom te probeer weerstaan! Serena Scott weet voor haar siel Finn St. George voorspel net een ding – moeilikheid! Asemrowend? Ja. Renjaer van formaat? Ja. Lothario wat roekeloos op selfvernietiging afstuur? Beslis. Maar dié keer gaan Finn te ver. Die Scott Lansing-span sal nie nog ’n ramp oorleef nie. En Serena word afgevaardig om hom van sy verkeerde weë te laat afsien! Finn is versot op sy pierewaaierlewenswyse...
Wraak sonder weerga
Victoria Parker
Datum vrygestel: 2015-06-25
“Ek sal jou wêreld tot niet maak soos jy myne verwoes het.” Vir meer as ’n dekade het Nicandro Santos, erfgenaam van ’n legendariese diamantonderneming, met een doel voor oë geleef: om die uiters gesogte Q Virtus-klub vir sakemanne binne te dring en dit saam met die leier daarvan, Zeus, te vernietig. Wat hy nie weet nie, is dat Olympia Merisi, sy vyand se dogter, nou aan die stuur van sake is...