Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Strelend
sorteer volgens
’n Nag saam met die strooijonker
Amanda Berry
Datum vrygestel: 2015-12-14
’n Nag saam met die strooijonker Dis nie die soort tuiskoms wat dokter Luke Ward te wagte was toe hy op sy broer se troue weer sy eerste liefde raakloop nie. Sy is die bruidsmeisie – Penny Montgomery – die vrou met wie Luke moes getrou het. Nou maak die gewese losbandige meisie hom ’n aanbod wat hy dom sal wees om van die hand te wys. Nege jaar gelede het Penny die enigste man wat sy nog liefgehad het, verloor...
Die onverwagte wittebrood
Barbara Wallace
Datum vrygestel: 2016-02-22
Die onverwagte wittebrood Wewenaar Carlos Chavez bestuur die romantiesste oord in Mexiko totdat die wittebroodsuite se nuutste enkellopende gas, die asemrowende mooi Larissa Boyd, sy standvastigheid ontwrig. Die twee eensaamste harte op die eiland het iets gemeen: hul onmiddellike aangetrokkenheid tot mekaar!
Die troubeplanner se groot dag
Cara Colter
Datum vrygestel: 2017-06-30
Besigheidsmagnaat Drew Jordan het ’n behoefte aan vryheid – hy sal help om sy broer se tropiese troue te reël, maar hy sal nooit self voor die kansel beland nie. Dit is nou tot sy botsings met die troubeplanner Becky English in maanligsoene verander wat hom na meer laat smag . . .
’n Week saam met die Franse geldbaas
Christy McKellen
Datum vrygestel: 2017-08-01
Indigo Hughes kom rus en vrede aan die Amalfi-kus in Italië soek en raak met Julien Moreaux – ’n siniese, sexy Franse geldbaas – deurmekaar. Julien is die soort man wat sy ten alle koste moet vermy. Hy gaan haar net pyn besorg, maar sy wil sy vertroue in die liefde teen wil en dank herstel. Maar sy het nie verwag om haar eie ewigdurende liefde in sy arms te vind nie!
Die trouman-lysie
Cindy Kirk
Datum vrygestel: 2015-04-28
Verlief, maar te verskillend . . . Dokter Mitzi Sanchez is ’n ortopediese chirurg met die wêreld aan haar voete. Sy het alles wat mens kan verlang. Haar lewe is volmaak. Nou soek sy net die volmaakte trouman. Sy maak kennis met die aantreklike Keenan McGregor, wat in die tronk was vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Vonke spat tussen hulle. Hulle vind mekaar onweerstaanbaar. Maar Keenan is nie die soort man met wie Mitzi wil trou nie...
Ysige hart, vurige soen
Ellie Darkins
Datum vrygestel: 2015-11-19
Skaam en kwesbare Maya Hartney het een groot passie – die kookkuns. Wanneer werkslaaf Will Thomas haar egter aanstel om die spyseniering vir ’n liefdadigheidsdinee te doen, kan sy niks reg doen nie. Haar enigste oplossing is om hom vir haar kookkursus in te skryf en die man te dwíng om van haar kos te hou. Een happie is egter soms nie genoeg nie . . .
In die baas se kasteel
Jessica Gilmore
Datum vrygestel: 2017-05-02
Maddison Carter se nuwe werk is die begin van ’n nuwe lewe – totdat sy voor die versoeking te staan kom in die vorm van haar baas, Kit Buchanan, wat verbode terrein is. Toe sy saam met hom na sy Skotse kasteel moet gaan, besef Maddison met Kit aan haar sy het sy nie die perfekte verlede nodig om die perfekte toekoms te kry nie . . .
As dinge begin kook
Joss Wood
Datum vrygestel: 2017-05-02
Oorlogsverslaggewer Jack Chapman lewe vir sy gevaarlike werk. Nou kort hy ’n ruskans, en Ellie Evans – ’n begeerlike bakster – is ideaal vir ’n bietjie tydverdryf en ’n affair. Of is sy? ’n Kil, harde man wat in oorlogsgebiede werk, is die laaste ding wat sy wil hê. Maar Jack Chapman is onweerstaanbaar en Ellie het nog altyd gesukkel om nee te sê . . .
Vlug na liefde
Nikki Logan
Datum vrygestel: 2017-09-11
Toe die avonturier Will Margrave se vrou oorlede is, het hy sy hart vir altyd toegesluit. Jare later is Kitty Callaghan – die enigste vrou wat nog altyd deur sy skanse kon sien – naarstiglik op soek na ’n dak oor haar kop. Sy is gestrand in die verre noorde van Kanada en hy kom tot haar redding . . . en besef sy hou dalk die sleutel na sy hart in haar hande.
Veilig in die polisiebeampte se arms
Patricia Johns
Datum vrygestel: 2017-01-30
Naby aan die huis . . . Montana-sheriff Mike Cruise het hom nooit as ’n pa voorgestel nie. Met tydelike toesig oor ’n kleuter moet hy egter vinnig leer. Genadiglik pas die nuwe oppasser Malory Smythe goed in en Mike begin glo hy kan die gesinsopset laat werk. Hoewel hy weet dit kan nie vir ewig hou nie. Nadat haar ontroue eks haar swanger en alleen gelaat het, kan Malory dit nie waag om die foute van haar verlede te herhaal nie...
Die biljoenêr se baba-omruiling
Rebecca Winters
Datum vrygestel: 2017-06-01
Enkelma Valentina Montanari en biljoenêr Giovanni Laurito is verstom wanneer hulle ontdek hul seuntjies is met die geboorte omgeruil! Toe hulle mekaar ontmoet om hul regmatige erfgename op te eis, spat die vonke. Kan hierdie onverwagte begin dalk uiteindelik tot die perfekte gesin lei?
Tuiskoms by ’n cowboy
Sheri WhiteFeather
Datum vrygestel: 2016-09-21
Kade Quinn, ’n bekende perdeafrigter, was nog altyd rusteloos. Maar wanneer die ryk swerwer hoor hy het ’n seun by die pragtige Bridget Wells verwek, moet hy sy prioriteite in heroënskou neem. Hy wil ’n pa vir sy kind wees en weer op Bridget verlief raak. Maar kan Bridget dit waag? Die onweerstaanbare cowboy het haar tevore liederlik in die steek gelaat. Kan Kade sy lewe vir haar en hulle seun verander?
’n Bruid vir die Italiaanse baas
Susan Meier
Datum vrygestel: 2016-07-25
’n Bruid vir die Italiaanse baas Daniella Tate is net op besoek in skilderagtige Toskane se Monte Calanetti, maar maak kennis met ’n vurige sjef, Rafe Mancini, bekend vir sy kos – en sy humeur! By hom vind sy die veiligheid waarna sy nog altyd gehunker het. Nou staan Daniella voor ’n keuse: Sy kan terugkeer na haar ou lewe in die VSA of bly en Rafe se bruid word!