Gereelde vrae

AFLEWERINGSOPSIES

 

Aflewering van Boekklub-versendings

Die afleweringsmetode vir boekklubversendings is per gewone pos via die Suid-Afrikaanse Posdiens. Jy behoort jou pakkie binne 28 dae van afsending te ontvang.

Wat as ek nie poskantoor toe wil gaan om my boeke te gaan afhaal nie?

Ons sal binnekort 'n koerieraflewering beskikbaar stel binne die groot metropolitaanse gebiede teen R20 ekstra per versending.

 

Aflewering van aanlyn-winkelbestellings

Produkte wat van die aanlyn-winkel bestel word, sal binne 28 dae met geregistreerde pos afgelewer word.

Lewer julle buite Suid-Afrika af?


Skakel ons asb. vir 'n kwotasie om in Namibië, Botswana, Swaziland of Lesotho af te lewer. Op gemiddeld vra ons ongeveer R80 ekstra per versending.

BETALINGSOPSIES

Betalingsopsies vir Boekklub-lidmaatskap

Betaling vir jou Boekklub-lidmaatskap is maklik met 'n outomatiese debietorder- of kredietkaartfasiliteit. Voltooi slegs jou besonderhede op die veilige bestelvorm en jou krediet- of debietkaart sal op die laaste werksdag van elke maand gehef word. Die outomatiese debietfasiliteit is gerieflik en verseker dat jou kind se boeke tydig elke vier weke afgelewer word!

Aangesien aanlyn-aansluiting bankbesonderhede vereis, skakel ons asb. om met 'n alternatiewe betalingsopsie aan te sluit.

Betalingsopsies vir aanlyn-winkelaankope

Betaling kan per kredietkaart op 'n veilige webtuiste gemaak word. Gebruik die begrotingsfasiliteit op jou kredietkaart vir gerieflike betalingsterme. Jou kredietkaart sal met versending gehef word. Volgens ons 14-dag proefwaarborg sal die volle bedrag terugbetaal word as die produk teruggestuur word en binne 28 dae van datum van faktuur deur ons terugontvang word.

Indien jy 'n ander betalingsmetode verkies, skakel ons asb.

TERUGSTUUR- EN VERVANGINGSBELEID

Al ons produkte word op 'n 14-dag proefbasis gestuur. Vir 'n volle terugbetaling of indien jy nie met die aankope tevrede is nie, stuur die boeke binne 28 dae van die faktuurdatum aan ons terug.

Wat as ek glad nie my boeke ontvang het nie?
Indien ons nie jou pakkie kan opspoor nie en dit duidelik word dat dit verlore geraak het of gesteel is, sal ons die boeke onmiddellik vervang.

Hoe stuur ek 'n pakkie terug?
Sluit asb. 'n afskrif van jou faktuur of rekeningnommer in sodat ons die terugstuur van die pakkie op jou rekening kan verwerk. Dui asb. aan of jy 'n terugbetaling of 'n vervanging verlang.

Die adres waarheen pakkies teruggestuur moet word, is:
MB Boekklub
Privaat sak 10
Centurion
0046

Die aanbevole opsies wanneer die boeke aan ons teruggestuur word is:

  1. Speed Services Couriers (Suid-Afrikaanse Posdiens) aangesien dit 'n versendingopsporing deur 'n 24-uur kliëntehulplyn bied.
  2. Gewone pos met die 'volg- en opspoor'-opsie. Jou pakkie kan by www.sapo.co.za. nagespoor word.

Indien jy dit verkies om 'n vervoerder te gebruik wat nie 'n opsporingsfasiliteit bied nie en die goedere raak verlore, sal geen omruiling of terugbetaling oorweeg word nie.

Jy sal verantwoordelik wees vir die koste van terugversending vir terugbetaling of omruiling, behalwe in geval van goedere wat beskadig is of verkeerdelik voorsien is.

Wat moet ek doen as ek 'n beskadigde boek ontvang?
Indien jy ooit 'n beskadigde boek van ons ontvang wat nie in 'n perfekte toestand is nie, skakel ons asb. en stel ons in kennis. Ons sal 'n posgeldbetaalde etiket aan jou stuur om die beskadigde boek aan ons terug te stuur en spoedig die boek teen geen eksta koste vervang sodra ons dit ontvang.

KANSELLASIEBELEID

As 'n lid van die Mills & Boon Boekklub kan jy enige tyd kanselleer nadat jy so min as vier versendings van twee boeke elk ontvang het. Skakel ons eenvoudig en stel ons in kennis dat jy wil kanselleer. Geen vrae sal gevra word nie. Soms bereik 'n kansellasieversoek ons nie betyds om te verhoed dat 'n addisionele versending aan jou gestuur word nie. Indien dit gebeur, kan jy vir die versending betaal en dit hou. Of, as jy dit so verkies, kan jy bg. terugversendingsinstruksies volg.

Skakel ons asb. indien jy enige addisionele vrae het.