Hoe werk die boekklub?

  • Lidmaatskap is gratis, daar is geen aansluitingsfooi nie. Sluit aan by die Mills & Boon Boekklub en ontvang jou verwelkomingspakkie met die gratis geskenke soos geadverteer. In die boekpak kry jy twee proefboeke om 14 dae lank te besigtig.

  • As jy nie die proefboeke geniet nie, kan jy hul eenvoudig binne 14 dae op jou onkoste terugstuur sonder enige verdere verpligting. Jy kan steeds die gratis boeke behou net omdat jy die Boekklub uitprobeer het.

  • Indien jy besluit om die twee proefboeke te hou, word jy 'n lid van die Mills & Boon Boekklub en sal jy elke vier weke twee boeke ontvang.

  • As lid van die Mills & Boon Boekklub kwalifiseer jy ook vir ander eksklusiewe aanbiedinge en ‘n gratis nuusbrief elke maand.

Verwys asseblief na die Lidmaatskapooreenkoms op die bestelvorm vir meer inligting.