Voordele van lidmaatskap

Word deel van ons klub en geniet 'n wye verskeidenheid eksklusiewe voordele!

Kry outomaties elke maand die beste keuse van vrouefiksie!

Sluit aan en ontvang elke maand jou keuse van titels uit ons 5 reekse! Daar is geen verpligting nie – jy kan enige tyd kanselleer. Plus jy sal kwalifiseer vir al die bykomende voordele!

• Ontvang heel eerste ons nuutste titels.

As 'n lid sal jy jou verkose titels ontvang 2 maande voor dit in die winkels beskikbaar sal wees en 1 maand voor dit op die internet aangekoop kan word.

• Gratis geskenke en opwindende spesiale aanbiedinge!

Ons bederf graag ons lede met gratis geskenke, boekmerke, persoonlike aandenkings en geskenke vir die huis. Jy sal ook eerste van ons spesiale aanbiedinge weet.

• Maandelikse nuusbrief – eksklusief vir boekklublede.

Met jou maandelikse nuusbrief is jy altyd ‘n tree voor die res. Ons vertel jou wat die volgende maand se boeke sal wees en vertel jou van verskeie interessanthede, kompetisies en vele meer!

• Vriendelike en effektiewe diens

Jy sal vinnige en vriendelike reaksie kry wanneer jy ons per brief, telefoon of e-pos kontak.

• Geen verpligting

Jy kan jou lidmaatskap enige tyd kanselleer deur ons te kontak. Indien twee boekpakkies deur die poskantoor aan ons teruggestuur word, sal jou rekening ook outomaties gekanselleer word.