privaatheidsbeleid
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?

Die volgende beleid is van toepassing op www.jacklin.co.za, www.starachievers.co.za, www.uitblinkers.co.za, www.disneybookclub.co.za, www.millsenboon.co.za en enige ander webtuiste wat deur Jacklin besit/bestuur word of namens Jacklin Enterprises of enige van sy filiale bedryf word, wat bepaal dat die privaatheidsbeleid en/of skakels na hierdie privaatheidsbeleid dit reguleer.

Jacklin Enterprises is daartoe verbind om die privaatheid en sekuriteit van sy aanlyn besoekers te beskerm. Die beleidsverklaring verskaf aan besoekers 'n oorsig van die stappe wat ons geneem het om 'n veilige omgewing vir elkeen te skep.

PERSOONLIK IDENTIFISEERBARE INLIGTING

Ons beskou onder meer die volgende as persoonlik identifiseerbare inligting: naam en van, e-posadres, ID-nommer, straatadres en telefoonnommer. Ons mag moontlik sodanige persoonlik identifiseerbare inligting van ons besoekers versoek om bestellings vir produkte of dienste, en met betrekking tot kompetisies, opnames, subskripsieregistrasies en besoekersversoeke vir inligting te prosesseer. Hierdie inligting word op ons databasis gestoor en kan gebruik word om besoekers met betrekking tot hul rekening te kontak of om hul aan ander produkte wat ons dink van belang kan wees, bekend te stel.

Jy kan ter eniger tyd versoek dat jou details van ons databasis verwyder word, met dien verstande dat jy geen uitstaande balans op jou rekening het nie, deur eenvoudig vir ons by: service@jacklin.co.za te skryf.

DERDEPARTY-GEBRUIK VAN PERSOONLIKE INLIGTING

Soms stel ons persoonlike inligting aan ander maatskappye beskikbaar indien hulle produkte bied wat vir u van belang kan wees. Jy het die keuse op die bestelvorm om te versoek dat enige maatskappye waarmee ons moontlik saamwerk, jou nie kontak nie. Alternatiewelik kan jy ook aan Jacklin Enterprises, Privaatheisbeheer, Privaat sak 10, Centurion, 2121 skryf, of 'n e-pos aan service@jacklin.co.za rig.

SEKURITEIT

Jacklin Enterprises verseker dat alle persoonlik en niepersoonlik identifiseerbare inligting wat ons deur die Internet ontvang, veilig is teen ongemagtigde toegang. Hierdie inligting word in 'n veilige stelsel bewaar wat van direkte skakeling aan die Internet geïsoleer is. Ons sal persoonlike inligting verskaf soos wettiglik vereis, byvoorbeeld om aan 'n hofbevel of dagvaarding gehoor te gee of om in 'n kriminele ondersoek hulp te verleen. Ons kan ook persoonlike inligting verskaf indien ons dit raadsaam vind ten einde die veiligheid van ons webtuistes en besoekers van ons webtuistes te beskerm.

Waarom is dit so veilig om ons WEBTUISTES te gebruik?

Jacklin Enterprises gebruik veilige bedienersagteware oor 'n Beveiligde Soklaag (BSL)-lyn om jou kredietkaartinligting te beskerm. Dit enkodeer al jou persoonlike en kredietkaartinligting sodat dit nie gelees word soos dit na ons bestelstelsel beweeg nie, en sodra dit ontvang word, word dit op 'n plek gestoor wat nie deur die Internet toegangbaar is nie.

SKAKELS NA ANDER WEBTUISTES

Besoekers sal skakels op hierdie webtuiste vind wat onafhanklik besit, beheer en/of bestuur word en wie se inhoud ons dink moontlik vir ons besoekers van belang mag wees. In baie gevalle, maar nie altyd nie, verteenwoordig die skakels koöperatiewe projekte of gemeenskaplike skakels wat geskep is met die organisasies wat met hierdie webtuistes geskakel is. Alhoewel ons aanvanklik hierdie webtuistes besoek waarmee ons verbind, moet u asb. kennis neem dat ons nie die inhoud daarop monitor of kontroleer nie, en dat sodanige inhoud gereeld kan verander. Ons beveel aan dat kinders eers met hul ouers bevestig alvorens hul enige nuwe webtuistes besoek, en ons moedig alle eindgebruikers aan om die privaatheidsbeleide van alle verbinde webtuistes te lees voordat daar op hierdie webtuistes rondgesoek word.

MAATSKAPPY-INLIGTING

Hierdie webtuiste word deur Jacklin Enterprises (Edms) Bpk (REG.NO. 97/09122/07) besit. Die fisiese adres vir ontvangs van regsdiens van die webtuiste-eienaar is: Mifa Park 19, Georgeweg 399, Midrand, 1684.

  • Lidmaatskap aan selfregulerende of akkrediteringsliggame: Direkte Bemarkingsvereniging van Suid-Afrika, http://www.dma.org.za.
  • Gedragskodes wat hierdie webtuiste onderskryf: http://www.dma.org.za/reg/dma_code.htm.
  • Direkteure: G.C. JACKLIN, M.A.C. JACKLIN, A.C. MAGNI, E. CICCONE.

Die maatskappy kan telefonies gekontak word by (011) 265-4200 en deur e-pos by service@jacklin.co.za. Indien jy enige vrae oor ons privaatheidsbeleid of -gebruike het, of inligting op lêer wil wysig, op datum bring en verifieer, of ons wil versoek om u inligting van u lêer te verwyder, kontak ons asb. by hierdie adres. Die datum van inwerkingtreding van hierdie privaatheidsbeleid is April 2011 en is slegs van toepassing op ons aanlyn werksaamhede.