Wie is ons
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?

www.millsenboon.co.za is ’n afdeling van Jacklin Enterprises, ’n uitgewer en verspreidingsmaatskappy sedert 1997.

Ons reis

Net ’n kort geskiedkundig reis terug na waar alles begin het, hoe ons uitgebrei het en wat die toekoms inhou.

Jacklin Enterprises is in 1997 deur die Jacklin-gesin tot stand gebring en berus op 30 jaar se ondervinding in posbestelling-kontinuïteitsbemarking, subskripsiebestuur en deelpublikasievervulling.

Met ons kultuur vir gesinswaardes streef ons om ons werknemers te bemagtig en moedig ons spanwerk aan. By Jacklin Enterprises beroem ons onsself op die langdurige verhoudings wat ons met werknemers, vennote en kliënte gebou het.

Die maatskappy is in Johannesburg, Suid-Afrika en Londen, VK geleë. Bedrywighede word bestuur vanuit Johannesburg, Suid-Afrika en die noordoostelike Verenigde Koninkryk. Ons is ’n trots Suid-Afrikaanse maatskappy wat strewe na wêreldberoemde diens.

Onder die Jacklin Enterprises-vaandel bied ons onder meer die volgende produkte:

  • Disney Boekklub
  • Mills & Boon Boekklub
  • ’n Groot verskeidenheid opvoedkundige boeke

Die vertaling van boeke na Afrikaans is ’n unieke aspek van ons werk. Met die jare het ons verskeie titels vir onder meer Rodale Health en Britannica vertaal, en ons vertaal en verkoop steeds met groot sukses Harlequin Mills & Boon-romans.

Ons doelwit

  • Ons sal die hoogste gehalte romantiese fiksie en ander verwante vermaaklikheidsprodukte lewer.
  • Ons is verbind om die voortou te neem met ons redaksionele, bemarkings- en produksievaardighede en -tegnieke.
  • Ons sal voortdurend strewe om ons verbruikers se verwagtinge te oorskry. Ons sal dit bereik te danke aan ’n organisasie en werkomgewing wat die beste mense aanstel en individuele asook span-talente ten volle ontwikkel en uitdaag.

Sleutelwaardes-verklaring

Ons sal ons sakedoel bereik deur:

  • Trots te wees op dit wat ons doen en hoe ons dit doen.
  • Elke individu wat op die regte tyd verantwoordelikheid neem vir die hoogste gehalte-dienslewering.
  • Regverdig en met integriteit in ons sake op te tree.
  • Te leer, ervaring en kennis in ’n ondersteunende omgewing te deel.
  • Sukses te erken en te vier.
  • Nuwe idees en innovasies aan te moedig.
  • Die besigheid met toewyding uit te brei deur nuwe produkontwikkeling, nuwe sakegeleenthede en menseontwikkeling.