Skrywers
Meer
BENODIG JY HULP om 'n boek te kies?
Modern
sorteer volgens
Die lokroep van die woestyn
Abby Green
Datum vrygestel: 2014-07-29
Verteer deur die woestyn se hitte . . . Twaalf jaar gelede het Julia in die skroeiende hitte van Burkat se woestyn haar hart aan sjeik Kaden geskenk. Hulle het vurige nagte tussen die sandduine onder ’n sterrekombers gedeel en soos die enigste twee mense in die wêreld gevoel. Totdat bittere verraad alles verander het . . . Julia ontmoet Kaden weer toevallig, maar die siniese uitdrukking in sy oë en die ontwerperspak maak sjeik Kaden amper onherkenbaar...
Ter wille van ’n erfgenaam
Abby Green
Datum vrygestel: 2017-09-11
Tot die uiterste gedryf om haar pa se lewe te red, laat Rose O’Malley, diensmeisie in die Lyndon-Holt-huishouding, haar oorreed om ’n man te verlei. Maar die oomblik toe sy van aangesig tot aangesig met Zac Valenti praat en die geweld van sy ooglopende sensualiteit haar tref, sien sy nie meer daarvoor kans nie. Voor sy egter haar bedrog kan staak, slaan Manhattan se mees gesogte vrygesel haar voete onder haar uit – en beland sy in sy bed...
Die Castelli-geheim onthul
Caitlin Crews
Datum vrygestel: 2017-01-30
’n Erfgenaam vir Kersfees! Vyf jaar gelede het Lily Holloway weggeloop van ’n motorongeluk af, haar rug gekeer vir die verbode hartstog wat sy met haar stiefbroer, Rafael Castelli, gedeel het. Niks kon Lily laat terugkeer na die onweerstaanbare Italianer se veeleisende wêreld nie. Noudat hul paaie weer gekruis het, is sy desperaat om haar vryheid te behou en beweer geheueverlies sluit alle herinneringe aan hom uit...
Castelli se maagdelike weduwee
Caitlin Crews
Datum vrygestel: 2017-03-01
“Sint Kate is ’n mite . . .” Roekelose magnaat Luca Castelli dink hy weet alles van sy oorlede pa se weduwee Kathryn. Hy laat hom nie flous deur die poniepers se bewondering nie – sover dit hom aangaan, is hierdie jong, pynlik mooie vrou geen heilige nie! Wanneer die voorwaardes in sy pa se testament Luca dus dwing om Kathryn se hoof te word, neem hy hom voor om haar werkslewe vir haar so moeilik moontlik te maak ...
Verwag 'n koninklike skandaal
Caitlin Crews
Datum vrygestel: 2017-10-02
Koninklike skobbejak Cairo Santa Domini is die onwaarskynlikste koning in Europa en hy vermy sy troon met ’n passie. Om sy roekelose beeld gestand te doen en die boeie van plig te vermy, moet Cairo met die méés ontoepaslike vrou trou . . . Mediasensasie Brittany Hollis het ’n reputasie wat skandalig genoeg is om met Cairo s’n mee te ding. Maar met elke skroeiende soen ontbloot sy meer van haar geheime aan Cairo as wat sy nog ooit aan die res van die wêreld gewys het...
Die onstuitbare biljoenêr se tuiskoms
Carol Marinelli
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Plofbare weersiens! Elke aand wanneer prima ballerina, Anya Ilyushin, op die verhoog verskyn, dans sy net vir één mens – Roman Zverev – die man wat lank gelede haar hart verower en dit kort daarna gebreek het. Anya het die skerwe agter ’n ondeurdringbare muur versteek, maar toe Roman by haar kleedkamer instap, vlam die oorweldigende aantrekkingskrag tussen hulle weer op . . . Onder Roman se rykdom en wêreldwysheid sluimer ’n onverskrokke geaardheid – daar is trouens niks beskaafd aan sy gevoel vir Anya nie...
Cipriani se onskuldige gevangene
Cathy Williams
Datum vrygestel: 2018-03-05
Een van Lucas Cipriani se werknemers het inligting wat ’n lewensbelangrike oorname kan skaad – en hy is woedend! Die enigste manier om die verleidster Katy Brennan te hanteer is om haar veertien dae lank op sy jag gevange te hou, afgesny van die wêreld tot die ooreenkoms onderteken is . . . Katy is woedend oor die biljoenêr se eiegeregtige optrede – maar ook onwillig geboei deur die aantreklike uitvoerende hoof...
Die bruid is miljoene werd
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2017-06-30
’n Miljoen redes om “ja” te sê! Athena Howard kan nie glo sy het dit gedoen nie. In ’n yslike groot trourok by die venster uitgeklim om van die Troue van die Jaar én die verloofde wat vir haar gejok het, te ontsnap. En toe val sy . . . . . . reguit in die arms van Luca de Rossi! Dit móét die noodlot wees. Luca het nét twee weke om ’n vrou te soek wat met hom sal trou sodat hy aan die voorwaardes van sy ouma se testament kan voldoen...
In Vialli se beloftes verstrik
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2018-02-01
’n Noue ontkoming . . . Kelnerin Marnie Clarke raak smoorverlief op die veelbesproke Italiaanse geldmagnaat en word sy minnares. Dan kom sy agter dat sy allerweë as Leandro Vialli se skelmpie beskou word. Dit breek haar brose hart. Sy vlug met haar trots . . . en hulle ongebore baba! Leandro weier om te glo die kind is syne – tot ’n vaderskaptoets hom oortuig. Maar hy het helaas sy kanse by Marnie verspeel...
Die troon wat op hom wag
Chantelle Shaw
Datum vrygestel: 2018-04-13
’n Vermiste prins . . . Die losbol Jarek ken die donker plek binne-in hom baie goed. Die sielkundige, dokter Holly Maitland, is sy kans om die geheime van sy verlede te ontsluit. Maar alleen saam met Holly in die Oostenrykse Alpe, kan Jarek aan niks anders dink nie as hoe hy die lae van haar koel, verloklike houding een na die ander kan afstroop! Holly kan dwarsdeur Jarek se taktiek sien – hoe hy die aandag weglei...
Haar koninklike onskuld opgeëis
Jennifer Hayward
Datum vrygestel: 2017-05-02
Gevind! Toe Aleksandra Dimitriou onthul word as die geheime dogter van Akathinia se voormalige koning, word sy uit haar gemaklike bestaan en by ’n koninklike wêreld ingepluk . . . onder beskerming van Aristos Nicolades. Verbode . . . Aristos het opdrag om nie aan die onskuldige prinses te raak nie. Maar die beeldskone Aleksandra bring rebelse drange na vore wat die selfgemaakte Griekse magnaat gedink het hy lankal te bowe gekom het...
Oorrompel deur die sjeik
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2015-09-23
“Ek het jou bruid opgeëis. Ek sal jou troon ook opeis. Want albei is na regte myne.” Verbanning en skande het sjeik Khalil al Bakir vasbeslote gemaak om die kroon van Kadar op te eis. Khalil begin deur sy vyand se voornemende bruid te ontvoer. Sy is ’n middel tot ’n doel. Waarom haat hy dit dan om aan haar in enige iemand anders se bed as syne te dink? Koningin Elena Karras van Thallia is gereed om ’n koue geriefshuwelik aan te gaan...
Die Marakaios-troue
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2016-04-25
Die Marakaios-troue Een toweragtige week was al wat dit geverg het vir die skaam Lindsay Douglas om dolverlief te raak op die charismatiese Antonios Marakaios. Maar ná ’n warrelwindtroue blyk die druk en eensaamheid daarvan om die trotse Griek se vrou te wees, te veel vir Lindsay en is haar enigste uitweg om weg te gaan. Nou het haar vasberade man teruggekeer met net een eis: dat sy ’n familiebyeenkoms moet bywoon in ruil vir ’n finale skeiding...
Bestem vir die woestynkoning
Kate Walker
Datum vrygestel: 2017-05-02
’n Gerieflikheidskoningin? Daar is geen twyfel nie dat hulle huwelik een van gerief en politieke taktiek is. Maar die skaam skoonheid Aziza El Afarim hoop in die geheim dat haar man – die seun wat sy eenmaal bewonder het – iets sal onthou van die toegeneentheid wat hulle as kinders gedeel het. Behalwe dat sjeik Nabil bin Rashid Al Sharifa glad nie meer die seun is wat hy was nie. Die las van verlies en mag het hom onherkenbaar verander...
Geërf deur Ferranti
Kate Hewitt
Datum vrygestel: 2017-05-02
Die wegloopbruid se terugkoms! Dit is sewe jaar sedert Sierra Rocci vir Marco Ferranti op die vooraand van hul geriefshuwelik gelos het. Nou is sy terug in Sisilië om haar erfporsie in ontvangs te neem – net om te vind alles wat haar naam dra, behoort aan Marco! Marco dag die wraak sou soeter wees . . . Maar dit is nie so soet soos die herinnering aan Sierra se skugter soene nie. Hy behoort hierdie keer sy rug vir háár te draai, maar Marco het Sierra nodig om hom met sy jongste sakeonderneming te help...
Die doring in sy vlees
Kim Lawrence
Datum vrygestel: 2013-04-04
Libby Marchant se eerste ontmoeting met haar baas is per ongeluk – ’n ongeluk met Rafael Alejandro se luukse sportmotor! Die onvoorspelbare en aanloklike Libby gooi Rafael heeltemal van balans af, maar aangesien sy ’n werknemer is, kan hy haar gelukkig op ’n afstand hou . . . Of ten minste, dis die plan – want in die perfek geoliede masjien van Rafael se lewe is daar geen ruimte vir dinge wat sy aandag aflei nie...
Deur ’n skandaal meegesleur
Kim Lawrence
Datum vrygestel: 2014-07-25
Saam met die Italianer vasgekeer! Poppy verloor haar hart op die gevaarlik aantreklike Luca Ranieri – en is bereid om ook haar reputasie in te boet. Wanneer die aristokratiese Luca plig bo begeerte kies, word sy in ’n skandaal vasgevang. Deur omstandighede buite haar beheer, bevind Poppy haar in haar ouma se kasteel in ’n verwoestende storm – saam met die nimlike, manjifieke, maar verfomfaaide Luca...
Die sondes van Sebastian Rey-Defoe
Kim Lawrence
Datum vrygestel: 2016-06-28
Die sondes van Sebastian Rey-Defoe Voor die kansel: Sebastian Rey-Defoe het berus in ’n geriefshuwelik, maar dan onderbreek ’n rooikopskoonheid die plegtigheid! En wat erger is, hy herken haar – dis seker haar idee van wraak neem . . . Mari Jones is vasbeslote om Sebastian se ongelooflike verwaandheid ’n knou te gee – en hom te laat boet vir sy sondes! Maar sy het nie gereken op die vonke wat sou spat die oomblik toe sy en die arrogante magnaat mekaar weer sien nie...
Onder die Argentyn se beheer
Lucy Ellis
Datum vrygestel: 2017-06-01
Gestrand en verlei! Lulu Lachaille se geheime agorafobie gaan haar nie weghou van haar beste vriendin se groot dag nie. Alles is vir haar heeltemal vreemd, maar dit is nie die rede hoekom haar hart op loop sit nie . . . Siniese hoofstrooijonker en Argentynse poloheld Alejandro du Crozier verpes troues, totdat hy ongerieflik in die Skotse Hoogland met die aanloklike hoofstrooimeisie gestrand raak! Onervare Lulu is eenvoudig te begeerlik vir Alejandro om nie voor haar te swig nie...
Leonetti se huishoudster-bruid
Lynne Graham
Datum vrygestel: 2017-03-28
Sy onskuldige vrou . . . ’n Huwelik is die allerlaaste waarmee Gaetano Leonetti opgesaal wil wees. Maar nou het sy oupa bepaal as hy bestuurshoof van die familie se bank wil word, moet Gaetano ’n gawe, doodgewone meisie vind om mee te trou. Oortuig dat sy oupa nie al sy varkies het nie, besluit Gaetano om hom met die huishoudster Poppy Arnold te uitoorlê. Vanweë haar uitgesprokenheid en ongewone kleresmaak is sy beslis nie van die regte stoffasie vir ’n eggenote nie! Maar kort voor lank bekoor die hardwerkende, selfopofferende Poppy sy oupa so dat Gaetano opgeskeep sit met ’n huwelik wat hy nie wil hê nie, en ’n bruid wat hy onheilig begeer! Maar kan hy hom régtig die kosbare gawe van haar maagdelikheid toe-eien nadat hy vir haar ’n strik gestel het om te misluk?
Opgeëis vir die Leonelli-nalatenskap
Lynne Graham
Datum vrygestel: 2018-02-01
’n Nuwe toekoms wat wag . . . ’n Onskuldige Tia Grayson ken geen lewe buite die Brasiliaanse klooster wat haar tuiste is nie. Totdat Max Leonelli arriveer met die skokkende nuus dat sy die erfgenaam van ’n fortuin uit Engeland is en ’n brandende begeerte vir sy aanraking laat ontwaak . . . ’n Biljoenêr! Tia se oupa verwag ’n huwelik tussen sy protégé en sy erfgenaam – maar Max is nie troumateriaal nie...
Die Griek se bevryding
Maisey Yates
Datum vrygestel: 2017-06-01
“Ek besit jou onderneming, ek besit jou.” Elle St. James kan haar woede nie beteuel wanneer sy aan die man dink wat sy vroeër as familie beskou het nie. Apollo Savas het haar pa se onderneming genadeloos vernietig. Maar die troefkaart is in haar hand. Elle is vasbeslote om haar stiefbroer te stuit. Hy is immers haar geheime fantasie en terselfdertyd haar grootste vyand. Haar verbode begeerte lei tot een onvergeetlike aand wat die onskuldige Elle se hele lewe eensklaps verander...
Aan Santino oorgedra
Maya Blake
Datum vrygestel: 2017-09-11
Carla Nardozzi is ’n sierskaatskampioen. Ontsteld ná ’n gesinstragedie, verloor sy haar maagdelikheid in een nag van vergetelheid met die Spaanse aristokraat Javier Santino. Sy vlug die volgende oggend, onbewus daarvan dat haar verwerping van hom vir haar ’n swart merk verdien het . . . Drie jaar later het Carla Javier se hulp nodig en hy gryp die geleentheid aan om haar terug te betaal: Carla moet sy minnares word om haar tuiste te behou...
Huwelikstransaksie met die geldbaas
Melanie Milburne
Datum vrygestel: 2018-03-05
Meedoënlose losbol Blake McClelland oorheers die direksiekamer en gee die toon in die slaapkamer aan. Wanneer hy ’n verloofde benodig om die belangrikste transaksie van sy lewe te help beklink, is sy oplossing net so harteloos soos hyself – en kies hy ’n vrou wat onskuldig genoeg is om die wêreld te oortuig hy het ’n nuwe blaadjie omgeslaan. Nadat sy voor die kansel in die steek gelaat is, is Matilda Toppington, bedeesde eienares van die dorp se bakkery, allesbehalwe gretig om weer ’n man se ring te dra...
Beskerming van sy uitdagende naïweling
Michelle Smart
Datum vrygestel: 2018-04-13
Verlei deur haar biljoenêr beskermer . . . Op reis na ’n gevaarlike Karibiese eiland om haar oorlede broer se liefdadigheidswerk voort te sit, bevind Francesca Pellegrini haar onder die beskerming van sekuriteitsmagnaat, Felipe Lorenzi. Onafhanklike Francesca is woedend oor sy bevele, maar elke blik van Felipe is ’n uitnodiging om van haar onskuld afstand te doen . . . Sy liggaam en sy hart is kliphard na sy militêre loopbaan en hy stel nie belang in Francesca se verleidingspeletjies nie...
Die sjeik se laaste minnares
Rachael Thomas
Datum vrygestel: 2017-05-02
Bevorder tot prinses! Destiny Richards weet sy speel met vuur toe sy die charismatiese sjeik Zafir al Asmari se werksaanbod aanvaar. Dit lyk egter na ’n billike prys om ’n nuwe lewe te kan begin. Tot die temperatuur kookpunt bereik en Destiny haar betrap dat sy ’n onvergeetlike nag met die sjeik deurbring! Toe Zafir vir Destiny verlei, het hy geen benul dat sy die titel as sy laaste minnares sal hou nie...
Terug in die Brasiliaan se bed
Susan Stephens
Datum vrygestel: 2017-01-09
Hy is terug in haar lewe . . . Die geleentheidsbeplanner Karina Marcelos is die voorste op haar gebied, maar probeer steeds vergeet van die polospeler Dante Baracca, ’n losbol wat haar hart gebreek het. Tien jaar gelede het sy haar onskuld aan hom verloor – maar dis nie al wat sy ná daardie rampspoedige nag verloor het nie . . . Sy is terug in sy bed! Dante moet die Gaucho-beker reël en weet Karina is die beste keuse vir die taak...
Gebonde aan die Toskaanse biljoenêr
Susan Stephens
Datum vrygestel: 2017-03-29
Nege maande om wat syne is op te eis! Vir tuinier Cassandra Rich is haar werk op ’n Toskaanse landgoed ’n uitkoms. Hier kan sy die verlede ontvlug. Tot die eienaar onverwags opdaag – en haar net so onverwags raaksien . . . Marco di Fivizzano kan sy oë nie van die verruklike tuinwerker afhou nie. Maar wie is sy werklik? Toe hy dus ’n metgesel vir ’n gala-geleentheid benodig, is dit sy kans om die vurige blondine te ontmasker – hetsy tydens die dinee, hetsy in sy bed! In Marco se arms ontluik Cass as ’n meelewende gespreksgenoot, vind sy die vryheid waarna sy gehunker het ...
Verbode nag met die Griek
Susanna Carr
Datum vrygestel: 2017-01-30
Stergios Antoniou het sy stiefsuster, Jodie Little, laas gesien die nag toe hulle uiteindelik toegegee het aan hulle verbode aangetrokkenheid tot mekaar. Jodie, die molesmaker wat die deur gewys is. Toe hy te midde van ’n uiters belangrike saketransaksie hoor sy is terug in Athene, ontvoer hy haar na sy privaat eiland. Hy kan nie toelaat dat haar teenwoordigheid die transaksie in die wiele ry nie...
Die ware koning van Dahaar
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2016-07-25
Die ware koning van Dahaar Eens was hy die kroonprins met ’n koninkryk om oor te heers . . . Maar toe ’n gebroke hart hom roekeloos maak, verloor Azeez byna alles – ook sy lewe. Nou moet hy kies: bring die res van sy lewe in die skadu’s van die verlede deur, of gryp die toekoms aan as die ware koning van Dahaar. Dokter Nikhat Zakhari het Azeez verlaat omdat sy nie vir hom kon gee wat hy nodig het om te heers nie...
Die sjeik se swanger gevangene
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2017-03-01
Vir Zafir al Masood, die nuwe sjeik van Behraat, was om die vurige Lauren Hamby te verlaat die moeilikste ding wat hy nog moes doen. Gebind deur ’n lewe van eer, is sy vuurwarm warrelwindaffair met Lauren die enigste vryheid wat Zafir hom al ooit veroorloof het. Maar nadat hy uitvind Lauren verwag sy kind en was van plan om dit geheim te hou, neem Zafir sy passievolle minnares gevange. Anders as hy, sal sy baba nié ’n sjeik se buite-egtelike erfgenaam wees nie...
Getroud om die sjeik se onthalwe
Tara Pammi
Datum vrygestel: 2018-01-09
Weens ’n onlangse skandalige onthulling bedreig die skade aan sjeik Zayn Al-Ghamdi se reputasie sy familie se toekoms. Toe die uiters onafhanklike Amalia Christensen hom dus met verdere skade aan sy reputasie dreig ten einde haar onskuldige broer se vryheid te verseker, kies Zayn om sy vyande naby te hou . . . en maak Amalia sy tydelike verloofde! Zayn se enigste plig is teenoor sy land. Hy kan homself nie enige emosionele verhoudings toelaat nie...
Geheime van Castillo del Arco
Trish Morey
Datum vrygestel: 2013-04-04
Die kluisenaar-biljoenêr Raoul del Arco se belofte aan ’n vriend op dié se sterfbed, spook by hom. Hy het belowe om met Gabriella D’Arenberg te trou . . . maar hy weet, om haar sy vrou te maak, gaan haar van haar onskuld beroof. Gabriella het geen idee dat Raoul so ’n belofte gemaak het nie. En toe hy weer by haar lewe ingebars kom, het hy ’n donker, gevaarlike kant, wat sy ontstellend aantreklik vind...
Gestuur om hom te tem
Victoria Parker
Datum vrygestel: 2014-12-01
Dit is sinloos om hom te probeer weerstaan! Serena Scott weet voor haar siel Finn St. George voorspel net een ding – moeilikheid! Asemrowend? Ja. Renjaer van formaat? Ja. Lothario wat roekeloos op selfvernietiging afstuur? Beslis. Maar dié keer gaan Finn te ver. Die Scott Lansing-span sal nie nog ’n ramp oorleef nie. En Serena word afgevaardig om hom van sy verkeerde weë te laat afsien! Finn is versot op sy pierewaaierlewenswyse...